
Leer ken jou dosent: Na-ella Khan
Ons het met Na-ella Khan, dosent in ouditkunde, gesels oor haar ervaring as ʹn dosent in die EBW-fakulteit en haar raad aan toekomstige studente. Hier volg haar antwoorde.
Wat het jou laat besluit om ʹn akademikus/dosent te word?
Ek het gekies om ʹn dosent te word sodat ek ander kan bemagtig om nie net hul doelwitte te haal nie, maar om verder te reik as die geslag wat hulle voorafgegaan het. Ek wil sien dat my studente wonderlike dinge doen en ʹn verskil in die samelewing maak.
Is daar ʹn gedeelte van jou werk wat jy besonder baie geniet?
Ek hou baie van die interaksie met studente in die klas, veral wanneer ʹn beginsel gedebatteer word. Ek geniet dit om hul sienings te hoor en hulle elke jaar te sien groei. Ek geniet ook supervisie en om studente op hul navorsingspad te begelei.
Watter raad sal jy aan EBW-studente en/of toekomstige beroepslui gee?
Daar is niks wat jy nie kan bereik nie indien jy bereid is om die tyd en moeite in te sit, maar jy moet dit genoeg begeer. Om te weet waarom jy vir hierdie beroep wil studeer, sal jou ervaring definieer; jou doel behoort jou aan te vuur en jou volharding sal jou vorentoe dryf.
Vertel ons iets van jouself wat nie werkverwant is nie.
Ek hou van kook en bak in my vryetyd, veral verskillende fusion-resepte. Soms werk dit goed en soms nie, maar dis minstens altyd eetbaar. Dalk sien jy my eendag op Master Chef (ʹn meisie kan droom).