
Griepinenting vir hoë-risiko individue
12 Junie 2025
Die Universiteit se Kampusgesondheidsdiens (KGD) het 100 inentings vir hoë-risiko- en onversekerde (geen siekefonds) personeel en studente verseker.
Kontak asseblief die KGD om 'n afspraak te maak. Lees hier meer oor gereelde vrae. Wie loop die grootste gevaar? · Swanger vroue: Griep kan die risiko vir komplikasies in swanger vroue verhoog.· Persone wat met MIV leef: Hulle immuunstelsels kan kwesbaarder wees vir ernstige siektes.· Individue met chroniese toestande: Dit sluit toestande in soos diabetes, longsiektes, hartsiektes, tuberkulose, niersiekte en vetsug wat deur griep vererger kan word.· Ouer mense (65 jaar en ouer): Hulle immuunstelsels verswak natuurlikerwyse met ouderdom.· Kinders jonger as twee jaar: Hulle immuunstelsels ontwikkel nog. EntstoftekortDaar is tans 'n tekort aan griep-entstof regoor die Wes-Kaap vir diegene wat die inenting deur hulle siekefonds of privaat wil bekom. Die Universiteitsgemeenskap sal in kennis gestel word sodra voorraad beskikbaar is.