
Eksamenreëlings: Oktober/November 2016
25 Oktober 2016
Met die eindeksamen wat op 25 Oktober 2016 begin, word alle Stellenbosch-kampus studente aan die volgende reëlings herinner: Streng toegangsbeheer sal dwarsdeur die eksamen by geboue en eksamenlokale geld;
- Daar sal van elke student verwag word om hom/haarself met ‘n geldige US-studentekaart te identifiseer, of indien dit nie moontlik is nie, met ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie;
- Studente wat sonder ‘n US-studentekaart en met slegs ‘n identiteitsdokument of bestuurderslisensie by eksamenlokale aankom, sal moet wag totdat hulle deur personeel aan diens geïdentifiseer kan word; of hul naam op die kontrolelys vir die eksamen afgemerk kan word.
- Studente word versoek om ten minste 20 minute voor die geskeduleerde aanvang van ‘n eksamen by die lokaal aan te meld.
Studente word ook daaraan herinner dat hulle kragtens die Dissiplinêre Kode skuldig is aan wangedrag indien hul optrede die normale gang van akademiese aktiwiteite of die algemene werksaamhede van die US benadeel.
Belangrike kontakbesonderhede:- 24-uur Krisisdiens: 0825570880
- Kampussekuriteit se noodnommers:
- Stellenbosch 0218082333
- Tygerberg 0219389507