Skip to main content
Die US se Voedseldienste en Nakomingsafdeling behaal uitnemendheid in voedselveiligheid

Die US se Voedseldienste en Nakomingsafdeling behaal uitnemendheid in voedselveiligheid

Innovation and Commercialisation Division
07 Maart 2025

Die gesondheid en veiligheid van studente is 'n topprioriteit vir die Voedseldienste en Nakomingsafdeling (VD&N) van die Universiteit Stellenbosch (US), wat verseker dat alle etes, voedsaam en veilig is om te eet. Agter die skerms werk hierdie span voortdurend om die hoogste veiligheidsstandaarde te handhaaf, terwyl hulle meer as 6 500 studente daagliks bedien. Hul pogings het beslis vrugte afgewerp, aangesien daar oor die afgelope twee jaar geen aangemelde gevalle van voedselvergiftiging was nie.

Die VD&N-afdeling vorm deel van SUNCOM onder die Innovasie- en Kommersialiseringsafdeling, oftewel Innovus. FS&C het die mandaat om nou saam te werk met gekontrakteerde spysenieringsmaatskappye om etes aan kampusbewonende studente te voorsien. Saam handhaaf hulle streng voedselveiligheidsprotokolle. Hulle verseker dat elke stap van die voedselvoorbereidingsproses aan die hoogste higiëne- en veiligheidsstandaarde voldoen. Spysenieringspersoneel ontvang deurlopende opleiding in persoonlike higiëne, allergenebestuur, voedselberging en temperatuurbeheer. Daarbenewens help gereelde interne ouditprosesses en inspeksies die span om risiko's te identifiseer en enige probleme onmiddellik aan te spreek om nakoming te verseker.

Die afdeling se indrukwekkende rekord is geen toeval nie. Oor die afgelope twee jaar het die span ongeveer 1 200 000 etes bedien,onder die bekwame leiding van Bennie Malan, wat onvermoeid gewerk het om 'n gesonde voedselomgewing vir studente te skep.

“Voedselveiligheid gaan verder as net die voorkoming van siektes; dit gaan oor die skep van 'n veilige en betroubare ruimte vir studente waar hulle op ons kan staatmaak vir voedsame etes, sodat hulle op hul studies kan fokus," sê Malan.

Die afdeling se toewyding aan hoë standaarde het nie ongesiens verbygegaan nie. Gereelde hersienings deur plaaslike gesondheidsowerhede, saam met oudits deur derde partye, bevestig dat SUNCOM se VD&N-afdeling nie net nasionale voedselveiligheidsregulasies nakom nie, maar dit dikwels oortref.

Deur hul prosesse voortdurend te verbeter en nuwe innovasies te implementeer, bly die afdeling voldoen aan voedselveiligheidspraktyke en voorkom hulle voedselverwante siektes wat akademiese prestasie kan belemmer en studente nadelig kan beïnvloed.

Vir meer inligting oor SUNCOM se Voedseldienste en Voldoening-afdeling, klik hier.