
Departement Bosbou en Houtkunde speel gasheer vir NTE afvaardiging
Dit was wonderlik om die afvaardiging van NTE te ontvang wat die departement besoek het vir 'n middag van intensiewe besprekings wat wissel van toepaslike tegnologie vir klein produsente tot houtverwerking en houtchemie. NTE is gebaseer in die KwaZulu-Natalse middellande en is een van die wêreld se grootste produsente van ekstrakte, hoofsaaklik plantaardige tanniene, van wattel (Acacia mearnsii). Hulle vervaardig poeierprodukte vir 'n aantal nywerhede, insluitend leer, hout, mynbou, waterbehandeling en landbou. Hul Bondtite-groen kleefmiddels is natuurlike produkte wat toenemend in aanvraag is vir gebruik in produkte waarmee ons almal in kontak is in ons daaglikse lewe. Die Departement Bosbou en Houtkunde doen navorsing op alle terreine wat verband hou met NTE se eie waardeketting, en daarom het die leersame besprekings tot vroegaand voortgegaan.