Skip to main content
Beraad reik verklaring uit oor hoër onderwys

Beraad reik verklaring uit oor hoër onderwys

Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
04 Oktober 2016

​ In 'n verklaring na afloop van die forum van verskeie belanghebbers op 3 Oktober 2016 in Johannesburg word 'n beroep gedoen op universiteite en studente om so gou moontlik akademiese aktiwiteite te hervat, terwyl langtermyn-oplossings vir die finansiële krisis in die hoër onderwys ondersoek word. Dit gee ook erkenning aan die studentebeweging se geldige eise vir 'n befondsingsmodel wat toegang tot hoëronderwys sal verseker vir almal wat finansiële ondersteuning benodig. Die regering het onlangs onmiddellike verligting van verhogings in studentegelde vir 2017 aangekondig vir huishoudings met 'n gesamentlike jaarlikse inkomste van minder as R600 000. In die verklaring word 'n beroep op studente gedoen om nie gewelddadig op te tree of eiendom te beskadig nie, en om nie die regte van ander te skend nie. Daar word ook gevra vir maksimum selfbeheersing van sekuriteitsdienste wanneer ingryping noodsaaklik word. Klik hier vir die volle verklaring (net in Engels beskikbaar).