
Auxin: Using Pecha Kucha (PK) as a Psycho-Educational Facilitation Tool for School Counsellors in training
SOL AUXIN SESSIE, 26 FEBRUARIE 2019te Den Bosch, van 12h45 – 13h45
Die onderwerp van hierdie Auxin aanbieding was “Using Pecha Kucha (PK) as a Psycho-Educational Facilitation Tool for School Counsellors in training". Die aanbieders was Me Carmelita Jacobs, Dr Lynne Damons en Dr Lorna Dreyer, al drie dosente in die Departement van Opvoedkundige Sielkunde, Fakulteit Opvoedkunde. Hul is betrokke by die opleiding van onderwysers and is almal opvoedkundige sielkundiges.
Me Jacobs het die aanbieding afgeskop deur die motivering vir die navorsingsprojek te deel. Die Raad van Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika vereis dat B Ed Hons (Opvoedkundige Sielkunde) studente psigo-onderwys verskaf. Die uitdaging is dat studente dikwels hul tydsbeperking oorskry. Dit is problematies, aangesien die gaping tussen aanbieding en betrokkenheid outentieke leer kompromitteer. Die doel van hierdie studie was om studente aan PK as 'n alternatiewe metode vir die aanbieding van psigo-onderwys bekend te stel, met die hoop dat dit sou lei tot deeglik voorbereide aanbiedings wat interaktiewe deelname aanmoedig. Die navorsingsvraag was: “Hoe ervaar leerlingberaders PK as 'n fasiliteringsinstrument vir psigo-onderwys vir leerders van verskillende ouderdomme in skole?"
PK was in 2003 deur twee argitekte ontwikkel. Dit is Japanees vir die “chit chat" geluid. PK is 'n 20×20 aanbiedingsformaat van 20 prente wat elk vir 20 sekondes vertoon word. Dit lei tot kort, visueel aangedrewe aanbiedings. Die skyfies volg outomaties op mekaar en aanbieders moet dus goed voorbereid wees om hul boodskap kripties en effektief oor te dra. PK kan baie bruikbaar wees in die universiteitsklaskamer en word soms beskryf as 'n oplossing vir 'death by PowerPoint (PP)'. In vergeleke met PP is PK 'n beter kwaliteit aanbieding wat dikwels hoër aangeslaan word as PP. Dit is egter nie geskik vir alle onderwerpe nie, en is meer geskik vir gebruik as 'n aanbieding as 'n lesing. Die navorsers wou desnieteenstaande leerlingberaders se ervarings van PK binne die skoolomgewing ondersoek.
Hierdie is sommige van die bevindinge van die navorsingsprojek: · Studente kon interaktiewe werkswinkels vir psigo-onderwys ontwikkel en implementeer, en wel binne die 20-30 minute tydsbestek;· Toegang tot tegnologie was goed om te hê, maar nie 'n noodsaaklikheid nie;· Kreatiewe refleksiewe praktyk was aangemoedig;· Een van die uitdagings was om geskikte, relevante prente te vind;· Ten einde die bogenoemde uit te voer, moes student gesprekke met die leerders voer om meer van hul konteks te hore to kom.
Volgens die navorsers het die bevindinge van hierdie projek baie potensiaal vir die ontwikkeling van die akademieskap van onderrig en leer. Dit het geleenthede geskep vir samewerking met kollegas, sowel as kritiese gesprekke. Die studie vorm ook deel van 'n FINLO (Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig) Projek, wat hul in staat gestel het om 'n klein professionele gemeenskap te vorm, met die vooruitsig van 'n publikasie en 'n kortkursus vir studente met 'n agtergrond in opvoedkundige sielkunde.
Om na 'n potgooi van die sessie te luister, besoek gerus: http://www.sun.ac.za/english/learning-teaching/ctl/professional-learning-opportunities-for-t-l/auxin/auxin-resources
Vir meer inligting en literatuur, kontak gerus die aanbieders:Me C Jacobs [[email protected]]Dr L Damons [[email protected]]Dr L Dreyer [[email protected]]
Die volgende AUXIN sal op 26 March 2019 plaasvind.
Foto 1: Me Carmelita Jacobs (middel, bo)Foto 2: Dr Lynne Damons (links)Foto 3: Dr Lorna Dreyer (middel, onder)