Die Universiteit Stellenbosch (US) is weer eens onder die beste universiteite ter wêreld in die vakgebiede Regte, Geneeskunde en Gesondheid (voorheen Klinies en Gesondheid), Opvoedkundestudie (voorheen Opvoedkunde), asook Lettere en Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe. In Suid-Afrika deel die US die eerste plek in Landbou en Bosbou – een van die vier kernvakgebiede in Lewenswetenskappe – met die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Pretoria.