Die Universiteit Stellenbosch (US) het 2025 op 'n hoë noot afgeskop. In Januarie is die instelling as een van die wêreld se voorste hoëronderwysinstellings in die 2025 Times Higher Education (THE) se wêreldranglys vir universiteite volgens vak aangewys.