Skip to main content

PGDip (Ing) (Bedryfsingenieurswese)

The programme consists of eight 15 credit modules and a smaller Professional Communication module.

The modules will be presented in blocks of ca. 9 weeks. The typical module consists of a 2-week self-paced pre-reading/pre assignment period which is followed by either a lecture block week and a post assignment period, which lasts ca. 6 weeks, or the pre-reading period is followed by smaller lecture blocks (2 days, 2 days, 1 day) spread across 4 weeks (see timetable). Each smaller block is followed by a ca. 2 week post assignment.

Students must attend all five lecture days full time. The lecture days take place online. In addition to the online presentation, limited modules may also be delivered in person. Beside the lecture days/week no further contact time will be required.

Modules offered by other departments can have a different structure/presence requirement.

Six compulsory data science modules have to be completed, as well as two generic structured modules.

The module content builds on previous modules. Therefore, most modules must be taken in a specific order (see co-requisites).

Furthermore, students will automatically be registered for the Professional Communication 771 module of 1 credit to be completed online.

To be considered for admission for the year 2027 you must:

  • Hold at least an approved BTech, BEng, or a BSc degree from a South African university or university of technology; or
  • Hold other academic degree qualifications and appropriate experience that have been approved by the Faculty Board. The department’s chairperson must make a recommendation regarding such a qualification and experience to the Faculty Board.
     

Students must have passed the following 1st year subjects at university level:

  • Mathematics, Applied Mathematics, or Mathematical Statistics; and
  • Computer programming (proof of any assessed programming qualification equivalent to first year tertiary programming will also be considered).
     

Students who do NOT meet the computer programming requirements can still qualify for the program by completing one of the following courses:

In this case the programming certificate and the marks received must be uploaded along with your academic history on the application portal before you submit your application. Current SU student who experience issues with upload may contact [email protected]  After submission of the application, no further documents can be added to your application.

Note that the marks of your last academic degree will be evaluated against an annual minimum requirement, as this is a competitive programme. For the intake 2027 the average of your last academic year must be at least 65%.

See application process here.

 

Also refer to the postgraduate admission model in Figure 3.1, in Section 3.2 in the Engineering Calendar, reproduced

 

During each module assessments take place during the pre-reading, the lecture block week and the post block assignments to test the application of the theory exposed to in the module. These marks will be combined to give a final module mark. Also see assessment information for core data science modules.

Die volgende ses datawetenskapmodules is almal verpligtend:

Vir studente wat die program voor 2025 begin het, is hierdie modules Programmering in R, Datawetenskap, Toegepaste Masjienleer, Optimalisering, Data-analise, Grootdatategnologieë.

Vir studente wat die program vanaf 2025 begin het, is die ses kernmodules Datawetenskap, Toegepaste Masjienleer, Optimalisering, Data-analise, Grootdatategnologieë, Toegepaste Diep Leer.

Programmering in R (Ing) 774 - Dr Vermeulen (Dept Bedryfsingenieurswese) - faseer uit in 2025

R is 'n kragtige programmeertaal vir data-analise en statistiese berekening. In hierdie module sal studente leer om doeltreffend te programmeer met behulp van R, met 'n spesifieke fokus op die ontwikkeling van algoritmiese oplossings vir data-analiseprobleme. Die module begin met die basiese beginsels van R-programmering vir Datawetenskap, en dek datatipes, datastrukture, beheerstrukture en invoer-/uitvoerbeheer. 'n Sterk fokus word geplaas op die gebruik van R vir data-ingenieurswese, en om ru-data gereed te kry vir analise en voorspellende modellering. Programme sal ontwikkel word vir visuele analise, dataklustering en vir voorspellende modellering, insluitend liniêre regressie, beslissingsbome en ewekansige bosse.

Datawetenskap (Ing) 774 - Prof Gwetu (Dept Bedryfsingenieurswese)

Datawetenskap is die toepassing van berekenings-, statistiese en masjienleertegnieke om insig in werklike probleme te verkry. Die hoof fokus van hierdie module is op die datawetenskap-projeklewensiklus, spesifiek om 'n duidelike begrip te verkry van die vyf stappe in die datawetenskap-proses, naamlik verkry, skrop/omskep, verken, modelleer en interpreteer. Elkeen van hierdie stappe sal bestudeer word met die hoofdoel om 'n begrip te verkry van die vereistes, kompleksiteite en gereedskap om op elkeen van hierdie lewensiklusstappe toe te pas. Studente sal die proses verstaan om 'n databypylyn van ru-data tot kennis te konstrueer. Gevallestudies uit die ingenieurswese-domein sal gebruik word om elkeen van hierdie stappe te verken.

Toegepaste Masjienleer 774 - Prof Engelbrecht (Dept Bedryfsingenieurswese)

In hierdie module sal studente blootgestel word aan 'n wye reeks masjienleertegnieke en praktiese ervaring opdoen in die implementering daarvan. Studente sal nie net die teoretiese grondslag van verskeie masjienleertegnieke leer nie, en sodoende 'n belangrike begrip verkry van die vereistes, induktiewe voorspanning, voordele en nadele, maar sal ook die praktiese vaardighede aanleer wat nodig is om hierdie tegnieke op werklike probleme toe te pas. Die fokus sal wees op inligting-gebaseerde leer, ooreenkoms-gebaseerde leer, fout-gebaseerde leer, kern-gebaseerde leer, probalistiese leer, ensemble-leer en inkrementele leer.

Optimering (Ing) 774 - Prof Grobler, Dr Venter (Dept Bedryfsingenieurswese)

Om die kuns te bemeester om optimeringsmodelle van die volgende tipes te bou en op te los (presies of by benadering): Lineêre programmeringsmodelle, toewysingsmodelle, en heelgetalprogrammeringsmodelle. Om die verskillende klasse van optimeringsprobleme te verstaan en gevorderde optimeringsalgoritmes te implementeer om werklike optimeringsprobleme op te los. 'n Student wat hierdie module met sukses voltooi het, sal in staat wees om:

Wiskundige modellering van praktiese probleme in elkeen van bogenoemde klasse te formuleer,

Wiskundige modale (presies of by benadering) met die hand op te los in elkeen van bogenoemde klasse,

Wiskundige modale (presies of by benadering) op te los met behulp van toepaslike sagteware in elkeen van bogenoemde klasse,

Sensitiwiteitsontledings uit te voer vir gegewe optimale oplossings tot 'n wiskundige model in enige van bogenoemde klasse,

Modeloplossings te gebruik om aksieplanne te formuleer vir die implementering van optimale oplossings vir modale in die klasse hierbo genoem. Basiese kennis van die metodes, vermoëns en beperkings van 'n wye reeks gevorderde metaheuristiese en hibriede metaheuristiese optimeringsparadigmas en -algoritmes deur bespreking te demonstreer,

Die verskille tussen die klasse van optimeringsprobleme, insluitend multidoelwit-, baie-doelwit-, gekiapte en dinamiese optimeringsprobleme, te artikuleer, en

Die konsepte op die kruising tussen optimering en masjienleer te assimileer sowel as 'n begrip te demonstreer deur metaheuristieke toe te pas op hiperparameteroptimering.

Grootdatabestuurstegnologieë (Ing) 774 - Dr Du Toit (Dept Bedryfsingenieurswese)

Hierdie module fokus op die gereedskap en platforms vir grootdatabestuur en -verwerking. Grootdatabestuur verwys na die bestiering, administrasie en organisasie van groot volumes data van verskillende tipes (sowel gestruktureerd as ongestruktureerd). Doeltreffende platforms om grootdata te stoor en te bestuur sal oorweeg word, insluitend NoSQL, datapakhuise en verspreide stelsels. Grootdataverwerking fokus op die 3V-eienskappe van grootdata, naamlik volume, snelheid en verskeidenheid. Verskillende argitekture vir grootdataverwerking sal bestudeer word, insluitend map-reduce en grafiese grootdatamodelle. Studente sal ervaring opdoen in grootdatagereedskap en -platforms, insluitend Spark, Hadoop, R en datavirtualisering. Ander aspekte van grootdata, soos datastrome, data-fusie en databronne, insluitend sosiale media en sensordata, sal bespreek word.

Data-analise (Ing) 774 - Dr Vermeulen (Dept Bedryfsingenieurswese)

In hierdie module sal studente die data-analiselewensiklus leer, en hoe om elke fase van hierdie lewensiklus toe te pas om ingenieurswese-data-analiseprobleme op te los. Studente sal tegnieke leer vir verkennende data-analise, en hoe om masjienleerbenaderings toe te pas vir die ontginning van kennis uit datastelle, om verborge patrone, assosiasies en korrelasies uit data te onttrek. Studente sal die praktiese vaardighede aanleer wat nodig is om data-analisetegnieke op gestruktureerde data toe te pas.

Studente sal gevorderde benaderings tot data-analise leer, met 'n spesifieke fokus op visuele analise, beeldanalise, teksanalise en tydreeksanalise. Die student sal ervaring opdoen in die implementering van verskeie tegnieke om betekenis uit hierdie verskillende databrontipes te onttrek. Die gevorderde data-analisetegnieke wat teëgekom word, sal toegepas word op dataintensiewe ingenieursweseprobleme.

Toegepaste Diepleer (Ing) 774 - Mnr Burger (Dept Bedryfsingenieurswese) - vanaf 2025 verpligtend

Diepleerstelsels word toenemend in die industrie toegepas, wat wissel van taalbegrip, spraak- en beeldherkenning, beplanning en outonome take. Deur hierdie module sal studente teoretiese kennis van diepleeralgoritmes ontwikkel, praktiese ervaring opdoen in die implementering van diepleeralgoritmes, en praktiese vaardighede ontwikkel om diepleer toe te pas op 'n uiteenlopende reeks probleme en industrieë.

Die volgende twee generiese modules is verpligtend:

Projekbestuur 713 - Prof T Barnard (Dept Bedryfsingenieurswese)

Die module fokus op gevorderde onderwerpe in projekbestuur, en daar word verwag dat deelnemers óf 'n projekbestuurskursus bygewoon het óf ervaring het in die bestuur van projekte. Die module bou voort op tradisionele projekskedulering deur kritieke kettingbestuur aan te spreek en kyk na die bestuur van projekrisiko's deur die identifikasie en beoordeling van risikopotensiale en versagtingsstrategieë, insluitend hulpbron- / kostebestuur en gebeurlikheidsbeplanning. Die keuse van toepaslike spanne en strukture om kontrakbestuur te fasiliteer word bespreek, tesame met die uitvoering van projekleierskap deur behoorlike kommunikasiekanaal. Die belangrikheid van verkryging, van tenderprosedures tot verskafferskeuse, sal uitgelig word. Die verskillende nuanse tussen kommersiële en navorsingsprojekte sal verduidelik word.

Bedryfsbestuur 744 - Prof Grobbelaar, Prof Pistorius, Dr Smit (Dept Bedryfsingenieurswese)

Die doel van die module is om beginsels van algemene bestuur binne die konteks van tegniese dissiplines aan te bied. Die kursustemas sluit die besigheidsomgewing en strategiese bestuur op 'n ondernemingsvlak in, en raak aan die rol van innovasie en tegnologie vir mededingendheid op 'n stelselvlak vanuit internasionale en nasionale perspektiewe.

Die kursus sal 'n beduidende fokus insluit op gereedskap en tegnieke vir tegnologie- en innovasiebestuur deur die skakel tussen tegnologiebestuur en besigheidsbestuur te verken met behulp van 'n vermoënsbenadering. Hierdie vermoëns sluit verkryging, beskerming, benutting, identifikasie en seleksie in. Ons koppel tradisionele benaderings tot tegnologiebestuur aan wat dit beteken vir die konteks van die vierde industriële revolusie, platformekonomieë en innovasieplatforms.

Die funksies van ingenieurswesebestuur, naamlik beplanning, organisering, leiding en beheer, sal ook bespreek word. Dit sal 'n spesifieke fokus insluit op menslike hulpbronbestuur, sowel wat betref die bestuur van projekte, mense en groepe as aspekte van arbeidsverhoudinge en spesifiek die arbeidswetgewing en kontraktuele vereistes in Suid-Afrika. Ons kontekstualiseer bogenoemde onder die tema van “leierskap”, met 'n verkenning van verskillende leierskapstyle, kommunikasie en motivering.

The following modules have co-requisites. It is critical for the student to consider the co-requisites of modules at registration, meaning that the student must have previously passed the co-requisite module or be registered for it in parallel in the given year, irrespective of the performance in the module.

The 60 credit research assignment is an exception here the pre-modules must be passed.

 

ModulesCo-requisite Modules (status Jan 2026)
Data Science (Eng) 774Programming experience at 1st year university level is an admission requirement.
Applied Machine Learning 774Data Science (Eng) 774
Optimisation (Eng) 774Data Science (Eng) 774, Applied Machine Learning 774
Big Data Technologies (Eng) 774Data Science (Eng) 774, Applied Machine Learning 774
Data Analytics (Eng) 774Data Science (Eng) 774, Applied Machine Learning 774
Applied Deep Learning (Eng) 774Data Science (Eng) 774, Applied Machine Learning 774

From PGDip to MEng(research)

If you want to further your academic journey at the IE department you can, with a strong PGDip degree, apply for the MEng (Industrial Engineering) research.

For consideration, the final marks average of the 6 core modules of your PGDip degree must be at least 65%.

You need to have a potential Data Science supervisor.

Find information on the MEng (Industrial Engineering) research here.

Contact: Melinda Rust @ [email protected]

Note: It is not possible to pursue the MEng (IE) structured Data Science programme at the IE department when you graduate with the PGDip (IE) as the programmes are thematically too closely aligned.