Skip to main content

Beroepsleiding


  • Het jy al die fakulteitsjaarboeke ondersoek om 'n beter idee te vorm van wat jou kursus in daaropvolgende jare sal behels?
  • Het jy met dosente of senior studente gepraat oor loopbaanmoontlikhede en verwagtinge wat met jou graad verband hou?
  • Om met senior studente te praat wat vir 'n soortgelyke graad studeer, sal jou ook help om 'n duideliker beeld te vorm. Sodra jy 'n bietjie agtergrond ingewin het, raadpleeg jou fakulteitsadministrateur (by die Admin A-gebou) vir meer leiding oor die keuse en/of verandering van modules.
  • Die webwerf GoStudy bied puik inligting oor verskeie loopbane.
  • Jy is welkom om 'n afspraak met 'n voorligter of sielkundige by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) te maak vir verdere loopbaanondersteuning. Stuur vir hulle 'n e-pos of voltooi die skeduleringsvorm.

Skryf gerus in vir een van ons werkswinkels die Loopbane kantoor.