Skip to main content

Aanpassing


Heimwee na jou huis en verlange na jou gesin is ’n tipiese reaksie op die aansienlik veranderings wat die universiteitslewe inhou. Om by ’n nuwe omgewing in te skakel sonder die gemak van die bekende en naby mense bied groot uitdagings. Studente het gewoonlik tyd nodig om nuwe kennisse op universiteit te maak en hulle kan mettertyd eensaam voel. 

Om lewenslange vriende agter te laat en vir die eerste keer weg van jou gesin te wees kan die verlange vererger en tot aanpassingsprobleme lei.

Wenke om die verlange huis toe te oorkom:

  • Versier jou kamer met dinge wat jou aan die huis herinner. Dit sal jou omgewing meer bekend laat voel.
  • Bly in kontak met familie en vriende by die huis, maar gee jouself tyd om tuis te raak voor jy weer huis toe gaan.
  • Laat jouself toe om hartseer te voel en te verlang. Dis normaal.
  • Ons moedig jou aan om by ’n  studentevereniging aan te sluit.   
  • Ons beveel ook sterk aan dat alle eerstejaars by ’n mentorgroep aansluit.  

As jy voel dat die verlange huis toe jou in jou daaglikse lewe onderkry, kontak die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO). Jy kan ons e-pos stuur na [email protected] of voltooi hierdie vorm invul en 'n besoek reël. 

Om jou weg op die kampus te vind kan vreesaanjaend wees. Van fakulteitsgeboue tot studieruimtes, van voedsel- en drinkgoedverskaffers tot gimnasiums, die kampus bied ’n wye verskeidenheid – en dus veel om te ontdek! Gebruik ons interaktiewe kaart om jou weg klas toe te vind.

VIND JOU WEG OP DIE SU KAMPUSSE

  • Loop 
    Omhels stap as 'n volhoubare opsie, maar maak seker dat jy die voetgangersroetes op die kampus gebruik.
  • Ry fiets
    Gebruik 'n Matie-fiets of jou eie fiets om rond te kom. Jy kan vir gratis toegang tot die US se fietsskure registreer deur ’n e-pos te stuur na [email protected].  
  • Saamry klubs 
    Sluit aan by 'n bestaande saamryklub of skep jou eie. Dit sal jou geld spaar en jy hoef nie parkeerplek op die kampus te soek nie.  
  • Parkering 
    Parkering is beperk. As jy 'n motor moet gebruik om kampus toe te reis, kan jy aansoek doen vir parkering by Stellenbosch- of Tygerberg-kampus.

STELLENBOSCH KAMPUSPENDELDIENS

Daar is verskeie pendeldienste beskikbaar.  

Dag pendeldiens

Die dagpendeldiens werk van Maandag tot Vrydag tussen 07:00 en 17:30 met vaste tye, roetes, op- en aflaaipunte. Dit sal jou vervoer tussen algemene parkeerareas op die periferie van kampus en sentrale kampus. Onthou net, hierdie diens word nie oor naweke, op openbare vakansiedae of tydens reses en die tweede eksamengeleentheid aangebied nie.

Nagpendeldiens
Benut gerus die gratis nagpendeldiens wat daagliks gedurende die kwartaal van 18:00 tot 06:00 op kampus beskikbaar is. Die pendeldiens vertrek elke uur op die uur vanaf die Neelsie-parkeerterrein en dek 'n radius van 7 km vanaf die kampusgebied om studente veilig by hulle woonplek of studenteverblyf te besorg. 

Bespreek via die SUN-studenteportaal.

TYGERBERG KAMPUSPENDELDIENS
Tygerberg-kampus verskaf vervoer vir studente na twee nabygeleë winkelsentrums – Tygervallei-sentrum (Maandae tot Woensdae) en Parow-sentrum (Donderdae) – en privaat behuising binne 'n radius van 6 km op vasgestelde tye.  
Studente word opgelaai en afgelaai by die Tygerberg Studentesentrum op die Tygerberg-kampus, by ingang 9 by die Tygervallei-sentrum, en ingang 4 by Parow-sentrum. Hierdie diens begin wanneer klasse hervat en eindig op die laaste dag van die Desember-gradeplegtigheid.
Vir meer inlgiting, volg hierdie skakel.

Onthou, klasbywoning is noodsaaklik! 

Om weg te bly en dan werk te probeer inhaal, gaan gewis jou stresvlakke verhoog.

SUNLearn vrae of probleme?  Epos: [email protected]

IT-hulp    

Jy sal verskeie hulpgidse op die Universiteit se Inligtingstegnologie-afdeling (IT)-afdeling se webwerf vind om jou te help met aanboord as 'n nuwe student om toegang tot jou klasrooster te kry, drukkrediete te laai en Office365-sagteware te installeer; asook hoe om jou Wi-Fi-verbinding en e-pos op te stel.

Indien jy nie in die helpgidse kan kry wat jy nodig het nie, kan jy:

  •  die IT-dienstoonbank aanlyn besoek of
  • 'n instapsentrum op die Stellenbosch- of Tygerberg-kampus.

Stellenbosch 
Kantoor ure: Maandag tot Vrydag, 08:00 to 16:15, publieke vakansiedae uitgesluit
Telefoon:  021 808 4367 
E-pos: [email protected] 
Vind ons by: Onder die brug in Admin A, Ryneveld Straat, Stellenbosch 


Tygerberg 
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00 to 16:30, publieke vakansiedae uitgesluit
Telefoon: 021 938 9287 
E-pos: [email protected] 
Vind ons by: Tygerberg onderwys gebou, Kamer 0198 

Kry die basiese boublokke bymekaar met ons interaktiewe oorlewingskursus. Dit is ontwikkel met jou leefwêreld in gedagte en help jou om beter bande in meer tale te smee. Die kursus is prakties en interaktief, en ons gebruik situasies wat op en rondom kampus voorkom sodat jy werklikheidsgetroue spreektaal aanleer. Ons fokus daarop om Afrikaans te praat, te lees en daarna te luister. 

Met hierdie Afrikaansvaardighede kan jy aan eenvoudige gesprekke oor aspekte van die kampuslewe deelneem. In die groter Universiteitskonteks gee ons jou ook insig in die kulturele waarde wat meertaligheid inhou.
 

Skryf hier in vir gratis klasse.

Kry die basiese boublokke bymekaar met ons interaktiewe oorlewingskursus. Dit is ontwikkel met jou leefwêreld in gedagte en help jou om beter bande in meer tale te smee. Die kursus is prakties en interaktief, en ons gebruik situasies wat op en rondom kampus voorkom sodat jy werklikheidsgetroue spreektaal aanleer. 

Ons fokus daarop om Xhosa te praat, te lees en daarna te luister. Met hierdie Xhosavaardighede kan jy aan eenvoudige gesprekke oor aspekte van die kampuslewe deelneem. In die groter Universiteitskonteks gee ons jou ook insig in die kulturele waarde wat meertaligheid inhou.


Skryf hier in vir gratis klasse.

SSVO lewer ’n 24 uur krisisdiens. 

Jy kan in kantoorure (08:00-16:00 op weeksdae) vir ons ’n e-pos stuur aan [email protected] of ons bel by 021 808 4994/37, of ons by Victoriastraat 37 besoek. 

Na ure kan jy die ER24 noodlyn skakel by 010 205 3032.