Skip to main content

Watertegnologie

ProEng-Website-Research-WT-Banner-1.png

Water van voldoende gehalte is 'n onontbeerlike hulpbron vir menslike ontwikkeling, die nywerheid en die landbou. Vinnige verstedeliking, bevolkingsgroei, industrialisering en besoedeling as gevolg van informele ontwikkeling en omgewingskadelike praktyke plaas egter toenemende druk op bestaande waterbronne.

Hierdie uitdaging word verder vererger deur klimaatsverandering en bevolkingsgroei, wat in baie gebiede tot minder reënval en 'n toenemende vraag na water lei. Gevolglik word die voorsiening van water van voldoende gehalte wêreldwyd as een van die grootste ontwikkelingsuitdagings beskou.

Die Watertegnologie-navorsingsgroep in die Departement Chemiese Ingenieurswese fokus op navorsing en ontwikkeling om plaaslike en internasionale uitdagings op die gebied van waterbehandeling en watervoorsiening aan te spreek. Ons doel is om bestaande waterbehandelingstegnologieë te verbeter en nuwe oplossings te ontwikkel wat tot volhoubare waterbestuur bydra. Ons kundigheid sluit membraantegnologie vir waterbehandeling en -hergebruik in, insluitend mikrofiltrasie, ultrafiltrasie, tru-osmose, voorwaartse osmose, membraandestillasie en Donnan-dialise, asook die ontwikkeling van tegnologieë wat geskik en volhoubaar is vir ontwikkelende ekonomieë.

Ons navorsing strek van die ondersoek en modellering van fundamentele verskynsels tot die ontwikkeling van tegnologieë vir implementering in die praktyk.

Ons navorsing sluit die volgende fokusareas in:
  • Innoverende waterontsmettingstegnologieë
  • Ontwikkeling van tegnologieë vir voorwaartse osmose, membraandestillasie en Donnan-dialise
  • Voorsiening van drinkwater, met 'n spesifieke fokus op tegnologieë vir ontwikkelende ekonomieë en landelike gemeenskappe
  • Herwinning en hergebruik van mynwater, industriële afvalwater, afvalwater uit landbouverwerking en die visserybedryf
  • Membraanbioreaktore

 

Die Universiteit Stellenbosch het onlangs, in samewerking met Fraunhofer-Gesellschaft (Fraunhofer), die Fraunhofer Innovasieplatform vir die Water-Energie-Voedsel-Nexus (FIP-WEF@SU) gestig. Baie opwindende watertegnologie-verwante navorsingsprojekte word as deel van hierdie samewerking gedryf.

Navorsers

Prof Tobi Louw
Prof Lingam Pillay