Terapeutiese voeding
Terapeutiese voeding
Terapeutiese voeding-koördineerder: Prof Janicke Visser
Dieetkundiges/Dosente
Prof Renée Blaauw
Prof Evette van Niekerk
Prof Janicke Visser
Dr Zarina Ebrahim
Mev Valentine Khumalo
Terapeutiese voeding pas die voedingskunde en gedragswetenskap, met inbegrip van die studie van voedsel, toe om pasiënte van totale voedingsorg in die vorm van voedingsvoorligting en dieetvoorskrifte te voorsien. Die doelwit is dat studente vaardighede in die vier basiese komponente van kliniese dieetkunde – behoefteassessering en die beplanning, implementering en evaluering van voedingsorg – soos dit met ’n verskeidenheid siektes verband hou, moet ontwikkel.
Studente is by mediese en/of akademiese saalrondtes, die voedingskundige assessering van pasiënte, toepaslike voedingsvoorskrifte, voedingsverwante konsultasies en die opvoeding van binne- en buitepasiënte (individueel en/of in groepe) betrokke. Studente is ook betrokke by basiese pasiënteadministrasie deur die hantering van pasiëntstatistiek en die aanwending van inligtings- en kommunikasiehulpmiddele om laboratoriumuitslae te bekom en voorgeskrewe diëte en enterale voeding te bestel.