Jacobs se lab
Prof. Karin Jacobs
Navorsingstema
Mikrobiese ekologie en swamtaksonomie
Navorsingsoorsig
Ons belangstelling is in die diversiteit en struktuur van mikrobiese gemeenskappe uit grond, met 'n spesiale belangstelling in die grondmikrobiese gemeenskappe van die fynbosbioom. Ons doel is om die effek van verandering wat deur antropogeniese aktiwiteite op die grondgemeenskappe van inheemse sowel as landbougrond teweeggebring word, te verstaan, en die effek wat dit op die grondprosesse en ekosisteemdienste het.
Hoofprojekte
- Die rol van die mikrobioom in landboustelsels.
- Natuurgebaseerde oplossings vir volhoubare landbou.
- Die ekologie van Botrytis in die bloubessiebedryf.
- Ontdekking van nuwe antifungale middels uit natuurlike omgewings.
- Swamgemeenskappe binnenshuise lug.
- Nuwe mikrobiese spesies uit natuurlike omgewings.