Kursusleeslyste in Moodle
In lyn met moderne tendense in hoër onderwys en om afstandsleer te ondersteun, het die Biblioteek- en Inligtingsdiens, in noue samewerking met akademiese departemente en die Sentrum vir Leertegnologieë, gedurende die laaste kwartaal van 2020 'n aanlyn Kursusleeslysstelsel geïmplementeer. Kursusleeslyste, aangedryf deur Leganto van Ex Libris, stel dosente in staat om die leeslyste vir hul kursusse vanuit Moodle te bou en te bestuur.
Maak 'n begin met jou leeslys
Begin op jou eie
- Om op jou eie te begin, volg die 3 maklike stappe.
- Vir volledige instruksies oor die skep, veranderinge aan en stuur van leeslyste, besoek ons stap-vir-stap gebruikersgids.
Opleiding
| Groepsopleidingsessies | 2026-opleidingsdatums moet nog aangekondig word |
Kontak ons
Algemene navrae
Waarom Kursusleeslyste gebruik?
Vir dosente
- Kursusleeslyste stel jou in staat om jou leeslyste in Moodle te bou en te bestuur.
- Sluit diverse inhoud soos boeke, artikels, oop opvoedkundige hulpbronne, webtuistes, video's, gedigitaliseerde inhoud en kursusnotas van die Biblioteek en elders in 'n enkele leeslys in.
- Die leeslyste is met bestaande biblioteekversamelings gesinkroniseer. Gedrukte en elektroniese materiaal word op een lys byeengebring en intydse beskikbaarheid word vir beide aangedui.
- Gebruiksverslae is beskikbaar om jou te help om die effektiwiteit van jou leeslyste en watter materiaal studente die meeste gebruik te bepaal.
- Met behulp van Kursusleeslyste se oordragfunksie hoef leeslyste nie jaarliks by die Biblioteek heringedien te word nie; die lyste kan eenvoudig opgedateer en hergebruik word.
Vir studente
- Kursusleeslyste maak hibriede leer moontlik en poog om jou toegang te bied tot die nuutste bronnelysmateriaal wat vir e-leer benodig word.
- Die lyste het 'n standaardformaat en –struktuur in Moodle en is aanlyn toeganklik vanaf enige toestel.
- Jy het toegang tot Kursusleeslyste vanuit jou kursus in Moodle.
- Sien naderende sperdatums vir die lees van materiaal.
- Merk verwysings as gelees merk, voeg privaat notas en etikette (“tags") by verwysings, beveel inhoud vir jou leeslyste aan rapporteer gebreekte skakels aan die Biblioteek.
