Skip to main content

SUNJournals

Die implementering van 'n platform om ooptoegang- wetenskaplike tydskrifte te huisves, is 'n gesamentlike poging van die Biblioteek, akademiese departemente en ander eenhede verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, ter ondersteuning van die missie en strategie van die Universiteit. SUNJournals is die naam van die diens wat aan kliënte gelewer word. Open Journal Systems (OJS) - die sagteware wat gebruik word om die tydskrifte te berg - is 'n tydskrifbestuur- en -publiseringstelsel wat ontwikkel is deur die Public Knowledge Project om toegang tot navorsing te bevorder. Die loodsprojek hiervoor is in 2011 onderneem. 

Elektroniese tydskrifte gehuisves

Tydskrif-verwante dienste

  • Huisvesting van 'n tydskrif op 'n virtuele bediener.
  • Digitale preservering van die tydskrif vir die langtermyn.
  • Rugsteun van die tydskrif.
  • Registrasie van 'n DOI-voorvoegsel by CrossRef.
  • Registrasie van 'n artikel se DOI by CrossRef.
  • Registrasie van 'n eISSN.
  • Registrasie van 'n journals.ac.za-domeinnaam.
  • Gereelde opgradering van die OJS-sagteware.
  • Standhoudende URL's.
  • Registrasie van die tydskrif by soekprogramme, stropers, gidse.
  • Opleiding en ondersteuning in die opstel van die tydskrif.

Kriteria vir geldige ooptoegang-wetenskaplike tydskriftitels

Vereistes
  1. Die tydskrif moet 'n behoorlike webblad en URL met die volgende inligting hê bv. Kontakbesonderhede, Redaksionele Span, Redaksionele Raad, Advieskomitee, Omvang en Fokus, Eweknie-beoordelingsproses (moet 'n volledige eweknie-beoordelingsproses wees), Publikasiefrekwensie, Ooptoegangsbeleid, Outeurriglyne, Oor die Uitgewer, Voorheen gepubliseerde uitgawes (Argief), Kopieregbeleid (onder die Creative Commons Licensing-beleid).
  2. Die tydskrif moet 'n internasionale redaksionele raad hê, en akademiese affiliasies van alle lede moet duidelik omskryf word.
  3. Beleid en werksvloei, insluitende beleid oor sifting vir plagiaat, behoort deursigtig te wees.
  4. Die tydskrif moet 'n geldige aanlyn ISSN (International Standard Serial Number), geregistreer by die ISSN International Centre (Frankryk), hê.
  5. Die uitgewer moet 'n lid van CrossRef wees, met 'n doi (digital object identifier) voorvoegsel aan die tydskriftitel toegeken, doi's toegeken aan individuele artikels, en doi's geregistreer by CrossRef.
  6. Die tydskrif moet 'n gevestigde geskiedenis van verantwoordelike verslagdoening hê (nie altyd moontlik met “nuwe” Ooptoegang tydskrifte nie).
  7. Die tydskrif moet artikels van goeie kwaliteit en weldeurdagte navorsing bevat.
     
Aanbevelings
  1. Gelys in die DOAJ (Directory of Open Access Journals) (nie alle Ooptoegang tydskrifte word onmiddellik in die DOAJ gelys nie, en daar mag 'n kort tydsvertraging met die oplaai van metadata in die DOAJ wees).
  2. Uitgewer moet geregistreer wees by die OASPA (Open Access Scholarly Publishers Association).
  3. Ooptoegangsbeleid van uitgewer moet via Jisc's open policy finder beskikbaar wees.
  4. Die tydskrif moet geaffilieer wees met 'n gevestigde akademiese instansie.
  5. Gelys op Wikipedia as 'n akademiese tydskrif.
  6. Digitale bewaringsbeleid moet in plek te wees.
  7. Alle artikels word voor publisering vir plagiaat nagegaan met behulp van plagiaatverklikkersagteware.
  8. Die tydskriftitel moet in een van die volgende verskyn:
    International Bibliography of the Social Sciences (IBSS) (ProQuest)
    Science Citation Index (Thomson Reuters)
    Social Sciences Citation Index (Thomson Reuters)
    Arts and Humanities Citation Index (Thomson Reuters)
  9. Tydskrifimpakfaktor aan die tydskrif toegeken. Sien Journal Citation Reports (Thomson Reuters). Toeganklik by US: Vind >> Databasisse  >>  Journal Citation Reports - ISI (for impact factors)
  10. Tydskrifrangordening word aanbeveel. Sien SCImago Journal Ranking (Scopus).
  11. Sien ook Beall's list of potential, possible, or probable predatory scholarly open-access publishers (gebruik met versigtigheid).

Kontak ons met aansoeknavrae

Mimi Seyffert-Wirth
+27 21 808 9489