Digitale Humaniora
Digitale Humaniora (Digital Humanities) is ʼn sambreelterm vir die teorie, metodologie en praktyke wat verband hou met sosiale en geesteswetenskappe wat tegnologie gebruik as ʼn geïntegreerde en noodsaaklike deel van navorsingsaktiwiteite. Rekenaars kan gebruik word om inligting te vind, te versamel, en te bewaar; as ʼn studie in eie reg; as ʼn analitiese hulpmiddel; of vir die samewerking en verspreiding van uitslae (Brügger, 2016).
Die Biblioteek se rol in Digitale Humaniora sal deelname aan samewerkende projekte met gemeenskappe, die institusionele IT Afdeling of die akademiese omgewing behels. Die rol is tweeledig van aard en sal die volgende aspekte aanraak:
- om data en digitale versamelings vryelik vir die akademiese gemeenskap beskikbaar te maak, en
- die beskrywing van sodanige versamelings, en om die korrekte historiese konteks te gee aan digitale versamelings wat deel uitmaak van hierdie projekte
Die Biblioteek het twee kernareas geïdentifiseer wat, binne die konteks van hierdie rol, tot die Digitale Humaniora inisiatief kan bydra, naamlik spesiale versamelings en navorsingsdataversamelings. Spesiale en unieke versamelings kan gedigitaliseer en geïndekseer word om sodoende toegang tot digitale kulturele erfenis vir navorsingsdoeleindes te verseker. Verder kan hierdie versamelings gegroepeer word op ʼn manier wat konteks verleen aan die kulturele erfenisbronne. Daar is ook baie datastelle uit die geesteswetenskappe op SUNScholarData beskikbaar, wat deur navorsers gebruik kan word.
Die Biblioteek beoog om 'n aanlyn hulpbron te skep wat inligting verwant aan Digitale Humaniora sal voorsien. Alhoewel hierdie hulpbron skakels en opleidingsvideos sal insluit, sal die Biblioteek nie enige opleiding in die gebruik van hierdie sagteware aanbied nie.
Vir meer inligting en bronne oor Digitale Humaniora:
Nuttige bronne
- Berry, D.M. 2012. Understanding digital humanities. Hampshire: Palgrave Macmillan.
- Brügger, N. 2016. Digital Humanities, in Klaus Jensen, Robert Craig, Jeffersen Pooley & Eric Rothenbuhler (eds). The International Encyclopedia of Communication Theory and Philosophy. 1–8. Wiley-Blackwell.
- Piotrowski, M. 2018. Digital Humanities : An Explication. [Aanlyn beskikbaar].
- Terras, M. 2016. A Decade in Digital Humanities. Journal of Siberian Federal University, 9(7):1637–1650. [Aanlyn beskikbaar].