Elke meestersgraad-tesis en doktorale proefskrif moet elektronies ingedien word deur middel van SUNScholar, die digitale navorsingsargief van die Universiteit Stellenbosch.
Die Universiteit Stellenbosch sal vanaf 2027 jaarliks in Maart/April een uitgebreide reeks gradeplegtighede aanbied, pleks van die huidige twee jaarlikse grade-tydperke. Die Universiteit se laaste Desember-plegtighede vind vanjaar van 8 tot 12 Desember plaas. Lees meer hier.
SUNScholar bly die hele jaar oop vir nominering van graduandi en die indiening van tesisse of proefskrifte vir die Maart/April en Desember gradeplegtighede.
Neem asb. kennis van die volgende sluitingsdatums vir indiening vir gradeplegtigheidperiode:
Desember 2025-gradeplegtigheid sluitingsdatum: 27 November 2025
Kontak ons
Stap 1: Student berei dokument voor
Verklaring
- Opsomming: In die taal van die tesis of proefskrif (maks. 500 woorde)
Bykomende opsomming (opsioneel): In tweede taal (maks. 500 woorde) - Erkennings
- Inhoudsopgawe
- Lys van Figure
- Lys van Tabelle
- Inhoud (bv. Hoofstuk 1, Hoofstuk 2, ens.)
- Lys van verwysings (Sien Verwysingstegnieke)
- Addenda (bv. Addendum A, Addendum B, ens.)
Geen handtekening
Neem asb. kennis dat 'n handtekening nie langer benodig word nie.
- student moet slegs hul naam onderaan die verklaring tik.
- die rede is dat die hele proses word elektronies van rekord gehou, as bewys dat alle partye volgens die beleid handel.
Vereistes vir tikwerk
- Lettertipe: Cambria of Calibri (met ingang 2024)
- Lettergrootte: 10, 11 of 12 lettergrootte
- Lynspasiëring: Dubbel, Enkel of 1.5
- Blanko kantlyne: 2cm breed om die hele getikte gedeelte
- Papiergrootte: A4
Office 365-sagteware
- Microsoft Office365-sagteware is gratis beskikbaar aan alle geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch. Laai Office365 hier af.
LaTeX sagteware
- Die LaTeX-sagteware kan direk van TexLive of MikTex afgelaai en geïnstalleer word, sien hier.
- Vind die US-titelbladtemplaat onder die DOC-gids.
Inlewering in elektroniese formaat
- Om lêers na PDF-formaat om te skakel in MSWord v.2016 en later, kies opsie:
File >> Save as Adobe PDF (*.pdf) - Gebruik die volgende formaat vir lêernaam "File name":
van_studentenommer_2021.docx
bv. dutoit_12345678_2021.docx - Moet asb. geen sekuriteite aan jou PDF-dokument koppel nie.
- Die meesterkopie van die tesis/proefskrif vir SUNScholar Research Repository moet in PDF-formaat by wyse van 'n elektroniese proses ingelewer word deur die studieleier.
| us-tesis-calibri-2026 | us-doktoraal-calibri-2026 |
| us-tesis-cambria-2026 | us-doktoraal-cambria-2026 |
BELANGRIK
- Die verantwoordelikheid berus te alle tye by die student om seker te maak dat die dokument onveranderd gebly het nadat die omskakeling na PDF-formaat plaasgevind het.
- Navrae m.b.t. kopiereg en die publikasie van boeke/hoofstukke in boeke as uitvloeisel van 'n tesis/proefskrif kan aan InnovUS gerig word.
Stap 2: Studieleier nomineer en lewer elektronies in
Die nominasie van studente en die inlewering van tesisse en proefskrifte vind nou binne SUNStudent Academia se Thesis Management plaas.
Weens sekuriteitsredes en die voortdurende opgradering van Thesis Management, sal die inlewering van tesisse en proefskrifte slegs deur die studieleier/promotor of administratiewe personeellid gedoen word.
Thesis Management kan onder die opskrif Examinations gevind word. Slegs die finale, gekorrigeerde tesis of proefskrif in PDF-formaat moet ingelewer word. Dit is die weergawe na afloop van eksaminering, nadat alle korreksies aangebring is. Die gebruikersgids vir Thesis Management is beskikbaar in SUNStudent by: "?SUNStudent Learning Library"
Om die proses op te som:
- Die finale dokument moet in PDF-formaat ingelewer word.
- Teken in op SUNStudent.
- Klik op Examinations, en klik Thesis Management.
- Die studieleier/promotor of administratiewe personeellid nomineer die kandidaat.
- Maak gebruik van Remarks om die maand en jaar van graduering aan te dui.
- Die tesis/proefskrif word deur die studieleier/promotor of administratiewe personeellid gelaai.
- Die studieleier/promotor of administratiewe personeellid keur die ingelewerde dokument goed.
- Die tesis/proefskrif sal na afloop van die gradeplegtigheid algemeen toeganklik wees via SUNScholar.
Toegangsprobleem tot SUNStudent?
- Klik hier vir toegang tot SUNStudent Service Desk.
- Kies die 'user access management' blok om 'n versoek vir toegang te rig.
Stap 3: Inlewerings- en verwerkingsprosedures voltooi
Sodra die tesis-/proefskrifinligting deur die SUNScholar-kantoor goedgekeur en verwerk is, sal die tesis/proefskrif via SUNScholar Research Repository algemeen toeganklik wees, op voorwaarde dat geen beperkinge geld nie.