Skip to main content

#SmartResearcher Werkswinkels

Datum: 18 Februarie 2026 10:00 - 26 Februarie 2026 16:00
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
Aanlyn

Kontakbesonderhede

Die Biblioteek nooi hiermee graag nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel om die #SmartResearcher werkswinkels by te woon wat plaasvind gedurende Februarie 2026. Die program is ontwerp om navorsers te ondersteun regdeur die navorsingsiklus, van die gebruik van biblioteekbronne, die uitvoer van literatuuroorsigte tot die bestuur van verwysings. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek ‘n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

If you attend three or more of the webinars, you are eligible for a certificate of attendance. Please e-mail Letlao Seloma to request a certificate. The certificates are issued at the end of every semester. 

Please note that staff who register via SUN-e-HR, will receive the link to the webinar on the day of the event. If you experience any problems while registering via SUN-e-HR, please contact Mandy Oliver, at [email protected].  


Biblioteekoriëntering vir nagraadse studente en akademiese personeel

Tydens hierdie inleidende sessie sal deelnemers voorsien word van 'n oorsig van die kerndienste wat deur die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens aangebied word. Onderwerpe sluit in die navigasie van die Biblioteekwebwerf, hoe om hul weg in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek te vind, hoe om inligting deur die Biblioteek se talle databasisse te vind, watter gevorderde navorsingsondersteuningsdienste beskikbaar is en vele ander.

Datum: 18 Februarie 2026
Tyd: 10:00 – 13:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier


Hoe om 'n literatuuroorsig te doen

In hierdie webinaar sal deelnemers leer wat 'n literatuuroorsig is en die verskillende tipes literatuuroorsigte. Hulle sal beste praktyke vir die uitvoer van 'n literatuuroorsig leer deur met hul onderwerp te werk, die literatuuroorsig te struktureer en hoe om literatuur krities te ontleed.

Datum: 24 Februarie 2026
Tyd: 14:00 – 16:00

Registreer hier 


Tesisbestuur vir die indiening van tesisse en proefskrifte vir graduering

Hierdie werkswinkel sal fokus op die nuwe SUNStudent-platform, Tesisbestuur. Dit is ontwerp vir personeel en sal fokus op die funksionaliteit en gebruik van Tesisbestuur. Die werkswinkel sal dien as praktiese leiding vir daardie personeel wie se studente gereed is vir graduering.

Slegs vir US personeel

Datum: 25 Februarie 2026
Tyd: 11:00 – 12:00

Registreer hier  


Inleiding tot EndNote vir verwysingsbestuur

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking. 

Datum: 26 Februarie 2026
Tyd: 14:00 – 16:00

Studente registreer hier
Navorsers en personeel registreer hier 
 

 

Tags: