Ooptoegang-webinaar: 17 September 2026
Kontakbesonderhede
Universiteit Stellenbosch se Biblioteek- en Inligtingsdiens nooi u uit die 7de webinar in die #BeOpenAccessSmart-reeks.
Hierdie sessie, aangebied deur dr. Andiswa Mfengu (Universiteit van Kaapstad, Suid-Afrika), sal verskeie benaderings tot die evaluering en beloning van Ooptoegang ondersoek. Die webinaar sal fokus op hoe Ooptoegangpublikasies aangewend kan word om gelykheid, inklusiwiteit en integriteit in die wetenskap te bevorder, asook om die gaping in toegang tot inligting tussen die Globale Suide en die Globale Noorde te verklein.
Die sessie sal ook die rol van navorsingsevaluering en navorsingsintegriteit binne die Ooptoegangpublikasiemodel bespreek – kwessies wat steeds sentraal staan tot die Ooptoegangbeweging namate instellings wêreldwyd voortgaan om die wyse waarop Ooptoegangnavorsing geëvalueer, erken en beloon word, te verfyn.
Datum: 17 September 2026, 12:00–13:00 (SAST)
Titel: Laat Ooptoegang Tel: Benaderings tot Evaluering en Beloning
Aanbieder: Dr. Andiswa Mfengu, Universiteit van Kaapstad (Suid-Afrika). Lees meer oor Dr. Mfengu hier.
Registrasie: Klik hier om te registreer.
Geregistreerde deelnemers sal 'n Teams-skakel en herinnerings-e-posse ontvang.