Skip to main content

Leer meer oor KI in die Onderwys om jou met jou studies te help

Datum: 05 Maart 2026 13:42 - 05 Mei 2026 13:42
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
Aanlyn

Kontakbesonderhede

KI-geletterdheid vir Almal

Die Universiteit Stellenbosch bied jou gratis toegang tot KI Geletterdheid vir Almal, 'n wêreldwye erkende kursus wat deur die Digital Education Council (DEC) geskep is. Dit is 'n grondslagkursus wat ontwerp is om studente vinnig toe te rus met sleutelkennis en praktiese vaardighede om die impak van KI in hul studies en loopbaan te navigeer. 

Leer hier meer oor die KI-geletterdheid vir Almal-kursus. 

Die kursus is volledig aanlyn en word teen jou eie tempo gedoen – sodra jy vir die kursus geregistreer is, het jy 180 dae om dit te voltooi. Jy kan enige tyd gedurende die jaar registreer.

As jy belangstel om die kursus te voltooi, klik asseblief hier en volg die registasieproses.  Neem asseblief kennis dat jy sal moet registreer met jou @sun.ac.za-e-posadres. Sodra jy die vorm ingedien het, sal toegang tot die kursus binne 24-48 werksure gegee word. 

Enige vrae oor hierdie aanbod? Dien asseblief 'n kaartjie in by: https://learnhelp.sun.ac.za

 

Sertifikaat in KI vir Hoër Onderwys

Die Universiteit Stellenbosch bied jou gratis toegang tot die Sertifikaat in KI vir Hoër Onderwys, 'n wêreldwye erkende kursus wat deur die Digital Education Council (DEC) geskep is. Hierdie kursus is ontwerp om jou toe te rus met praktiese KI-kennis en- vaardighede wat relevant is vir akademiese, onderrig en administratiewe kontekste. 

Leer hier meer oor die Sertifikaat vir KI in Hoër Onderwys. 

Die kursus is volledig aanlyn en word teen jou eie tempo gedoen – sodra jy vir die kursus geregistreer is, het jy 180 dae om dit te voltooi. Jy kan enige tyd gedurende die jaar registreer.

As jy belangstel om die kursus te voltooi, klik asseblief hier en volg die registrasieproses. Neem asseblief kennis dat jy sal moet registreer met jou @sun.ac.za-e-posadres. Sodra jy die vorm ingedien het, sal toegang tot die kursus binne 24-48 werksure gegee word.

Enige vrae oor hierdie aanbod? Dien asseblief 'n kaartjie in by: https://learnhelp.sun.ac.za

Tags: