Die Stellenbosch kinderboek insameling
African Sun Media saam met Usiko Foundation het 'n Stellenbosch geletterdheid inisiatief begin om die skade teen te werk wat leerders lei omdat hulle op kritiese opvoedkundige ontwikkeling uitmis as gevolg van die Covid-19 pandemie.
Die leerders van Jamestown het beperkte blootstelling tot skoolopsette gehad tydens die inperkings en gaan tot hede net 5 uit elke 10 dae skool toe. Baie van die leerders kom uit minderbevoorregte agtergronde waar hulle ouers ook geletterdheid uitdagings ervaar en daarom nie tuisonderrig vir die leerders kan bied nie. Die leerders het ook min of geen toegang tot boeke en gedrukte materiaal wat hulle vlakke van begrip verder beïnvloed.
African Sun Media is op 'n missie om die storie te verander en hierdie leerders by geletterdheid te betrek. “Ons het die Stellenbosch Kinderboek Versameling geskep waar boeke by deelnemende skole in Stellenbosch afgehaal word en geskenk word aan Usiko waar hierdie leerders toegang tot die boeke gaan hê," sê projekkoördineerder Mariné van As.
Die versameling sal van 18 Junie tot 8 Julie duur met versamelpunte by Laerskool Eikestad, Rhenish Primary en Waldorf School. “Ons doen 'n roep op al die inwoners van Stellenbosch om die geskenk van lees te gee deur hulle vooraf geliefde grondslagfase boeke te skenk. Versamelpunte is by elke skool beskikbaar wat dit maklik maak om die boeke af te gee. Skenkings kan ook by die Usiko Foundation in Jamestown afgelaai word," sê Van As.
Ons glo dat dit nie net die regte ding is om te doen nie, maar ook ons plig om 'n beter toekoms te skep vir dié wat dalk nie voorheen die geleentheid gehad het nie en om hopelik te help om die siklus van armoede om te draai,"
African Sun Media se Besturende Direkteur, Nirode Bramdaw, sluit af, “Die initiatief sal kulmineer in die opstel van 'n lees fasiliteit in Jamestown op 18 Julie om 'n voorbeeldige Suid-Afrikaner te eer wat eens gesê het, 'A good head and a good heart are always a formidable combination, but when you add to that a literate tongue or pen, then you have something very special'."
VIR MEDIA NAVRAE KONTAK ASSEBLIEF:
Mariné van As 021 201 0071 Epos: [email protected]
OOR AFRICAN SUN MEDIA:
African Sun Media is 'n spesialis verskaffer van grafiese ontwerp, digitale bemarking asook druk en uitgewery dienste vir die hoër onderwys en die privaat mark. 'n Innoverende maatskappy wat konstant daarop gerig is om uitslae van die hoogste kwaliteit te lewer. African Sun Media was in 2003 gestig en het 'n druk fasiliteit by Stellenbosch Universiteit.
OOR USIKO:
Usiko Stellenbosch is 'n nie-winsgewende organisasie in Jamestown, Stellenbosch, wat leiding aan jongmense bied wat psigo-sosiale uitdagings in hulle gemeenskappe teekom. Van die jongmense is op die punt om uit skool geskors te word en ander gee toe aan gevaarlike optredes wat hulle in die moeilikeheid met die gereg bring. Deur middel van mentorskap en groepsaktiwiteite word die jongmense gemotiveer om die waarde van onderwys te sien en te werk na 'n beter toekoms.