
ANO dra by tot TReMOR in Navorsingsbestuur
Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) bou voort op die lewering van bydraes tot die professionalisering van navorsingsbestuurders en administrateurs in Suider-Afrika deur `n onlangse projek getiteld: TReMOR (Toolkit for Early-career Research Managers Online Resources).
Die projek vorm deel van die International Research Management Staff Development Programme (IRMSDP), `n samewerking tussen die African Academy of Sciences (AAS) en Association of Research Managers and Administrators (ARMA) in die Verenigde Koningkryk (VK). Die program fokus op die deel van kennis en ontwikkeling van materiale en hulpbronne wat deur spanne van navorsingsbestuurslui van regoor Afrika en die VK ontwikkel word.
Die TREMOR projek behels `n span van Namibië, Suid-Afrika, Botswana en die VK, met diverse ondervinding regoor `n verskeidenheid navorsingsbestuur spesialis areas.
Die doel van die projek is om praktiese materiale en hulpbronne vir vroeë-loopbaan navorsingsbestuurders te ontwikkel, met `n fokus op navorsingstoekenningsbestuur as `n kern funksie binne `n navorsingskantoor. Dit sal die kennis en kapasiteit in hierdie funksie verhoog, met die doel om ook die kulturele verstaan en samewerking tussen die VK en universiteite in Afrika te versterk.
Die voordeel van hierdie gesamentlike projek is dat dit die geleentheid bied vir beste praktyk ontwikkeling deur die deel van kennis, ekspertise en ondervinding binne hierdie area in Suider-Afrika en die VK. Dit bied ook `n platform waar `n groeiende professionele gemeenskap kan bydra tot nuwe hulpbronne om die werk in die sektor te ondersteun. Aangesien die hulpbronne vanuit die VK en Afrika onttrek sal word, sal dit vroeë-loopbaan navorsingsbestuurders wat betrokke is in die ontwikkeling van internasionale navorsingsamewerkings bystaan om verskillende kontekste te verstaan en daarby aan te pas.
Maryke Hunter-Hüsselmann, Direkteur: Navorsingsinligting en Strategie aan die ANO, is een van 57 navorsingsbestuurders wat ses spanne vorm aan wie hierdie internasionale toekenning deur die IRMSDP gegee is. Sy is opgewonde oor die geleenthede wat dit bied vir personeelontwikkeling en internasionale netwerkvorming binne die ANO, maar ook vir die ontwikkeling van professionele navorsingsbestuurders regoor Suider-Afrika.
“Deur ons betrokkenheid in die TReMOR projek, dra die ANO volgehou by tot die ontwikkeling van navorsingsbestuurskapasiteit in Suider-Afrika en verder. Dit is van onskatbare waarde om sodoende navorsing en innovasie by universiteite en ander navorsingsinstellings in die streek te versterk".
Die ANO bied professionele ondersteuning aan navorsingsprojekaansoeke vanuit die US navorsingsgemeenskap vir verskeie navorsingsbefondsingsprogramme. Deur middel van die betrokkenheid in die TReMOR projek, sal ANO personeel die geleentheid kry om by te dra tot en toegang te kry tot verskeie voor- en na-toekenning hulpbronne en materiale. Dit bied `n uitstekende geleentheid vir personeelontwikkeling binne die ANO, sowel as die vestiging en versterking van die Afdeling se internasionale navorsingstoekenningsbestuur netwerke en ondersteuning vir navorsers.
Die ANO, onder leiding van Dr Therina Theron, was ook die projekleier in `n EU Erasmus+ befondsde projek StoRM (Strengthening of Collaboration, Leadership and Professionalisation in Research Management in SADC and EU Higher Education Institutions). Die StoRM projek was suksesvol in die implementering van `n nagraadse diploma in Navorsingsbestuur en Afdministrasie, `n uitvoerende meestersgraad kurrikulum vir mid-loopbaan navorsingsbestuurslui, `n erkenningsmeganisme vir senior navorsingsbestuurslui en `n personeeluitruil en mentorskapprogram, gerig op goeie praktyk en die ontwikkeling van navorsingsbestuurskapasiteit regoor Suider-Afrika. Die TReMOR projek is `n natuurlike uitvloeisel van StoRM en dus `n voorbeeld van volhoubare ontwikkeling op die gebied.
Vir meer inligting oor die TReMOR projek, besoek die webwerf:
Of TReMOR op Twitter: @TReMORProject
A tremor can be roughly defined as a rhythmic and shaking movement caused by excitement. In the context of this project, the aim is to cause a tremor in the lives of early-career RMAs by equipping them with the necessary resources, materials and tools to do their job effectively, thereby shifting the landscape of research excellence in SADC and the UK!