Breadcrumb
Meesters
Geografie kan as 'n vak geneem word binne verskeie verskillende graadprogramme, binne die volgende fakulteite:
- Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
- Fakulteit Natuurwetenskappe
Aansoeke
Elektronies: Doen aanlyn aansoek vir toelating
Sluitingsdatum: einde Oktober vir die Fakulteit Natuurwetenskappe vir Januarie van die volgende Semester
Sluitingsdatum: einde Oktober vir die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe vir Januarie van die volgende Semester
vir Internasionale aansoekers, huidige en SA burgers"
Dokumente:
FAKULTEIT LETTERE EN SOSIALE WETENSKAPPE
MA (Geografie en Omgewingstudies)
Programkode: 49905 – 879(180)
Spesifieke Toelatingsvereistes
- 'n BAHons-graad met Geografie en Omgewingstudies of 'n ekwivalente kwalifikasie.
- 'n Gemiddelde slotpunt van 60%.
Sluitingsdatum vir Aansoeke
- Suid-Afrikaanse studente: Dien aansoek in voor 31 Oktober van die voorafgaande jaar.
- Internasionale studente: Dien aansoek in voor 31 Augustus van die voorafgaande jaar.
Programstruktuur
Die program fokus op die studie en oplossing van mens-omgewingsprobleme, omgewingsrampe en stedelike of toerisme-verskynsels vanuit 'n ruimtelike perspektief.
Programinhoud
Verpligte Module
- 11660 : Tesis (Geografie en Omgewingstudies A) 872(180)
Assessering en Eksaminering
Die tesis van 30 000 tot 40 000 woorde, wat die vermoë toon om onafhanklike navorsing oor 'n geografiese probleem te doen, word beoordeel volgens die regulasies van die Universiteit Stellenbosch in Deel 1 (Algemene Reëls) van die Jaarboek.
Navrae
Programleier: Dr M Spocter
Tel: 021 808 3095 | E-pos: [email protected]
Webwerf: https://www0.sun.ac.za/geography
MA (Geografiese Inligtingstelsels)
Programkode: 49611 – 879(180)
Spesifieke Toelatingsvereistes
- 'n BA Honneurs-graad met Geografie en Omgewingstudies as hoofvak en opleiding in Geografiese Inligtingstelsels (GIS-opleiding), of 'n BA Honneurs-graad in 'n verwante dissipline as hoofvak wat deur die Senaat as toepaslik goedgekeur is, en met toepaslike GIS-opleiding.
- 'n Gemiddelde slotpunt van 60% vir die hoofvak.
Sluitingsdatum vir Aansoeke
- Suid-Afrikaanse studente: Dien aansoek in voor 31 Oktober van die voorafgaande jaar.
- Internasionale studente: Dien aansoek in voor 31 Augustus van die voorafgaande jaar.
Programstruktuur
Die implementering, bestuur en toepassing van GIS vir die bestuur van hulpbronne en vir ruimtelike analise en modellering van menslike geografiese verskynsels, rampe en probleme.
Programinhoud
Verpligte Module
- 12188 : Tesis (GIS) 872(180)
Assessering en Eksaminering
Die tesis van 30 000 tot 40 000 woorde, wat die vermoë toon om onafhanklike wetenskaplike navorsing oor 'n geografiese probleem te doen, word beoordeel volgens die regulasies van die Universiteit Stellenbosch in Deel 1 (Algemene Reëls) van die Jaarboek.
Navrae
Programleier: Prof A van Niekerk
Tel: 021 808 3101 | E-pos: [email protected]
Webwerf: https://www0.sun.ac.za/geography
FAKULTEIT WETENSKAPPE
MSc in GeoInformatika
Programkode: 12279 – 879(180)
Spesifieke Toelatingsvereistes
- 'n BScHons-graad in GeoInformatika of 'n goedgekeurde ekwivalente kwalifikasie.
- 'n Gemiddelde slotpunt van 60% vir die BScHons-graad.
Programinhoud
Die ontwikkeling, implementering, bestuur en toepassing van ruimtelike tegnologieë vir die bestuur van hulpbronne, en vir ruimtelike analise en modellering van omgewingsgeografiese verskynsels en probleme word in hierdie program behandel.
Verpligte Module
- 12280 : Tesis GeoInformatika 875(180)
Assessering en Eksaminering
U moet 'n tesis indien. Alhoewel die program in Engels aangebied word, kan besprekings en verslae in Engels of Afrikaans aangebied word. Die 100%-tesis word geëksamineer volgens die Universiteit se bepalings in Deel 1 (Algemene Reëls) van die Universiteitsjaarboek.
Verdere Studiemoontlikhede
Die suksesvolle voltooiing van die MSc in GeoInformatika lei tot 'n PhD in GeoInformatika.
Navrae
Programleier: Prof A van Niekerk
Tel: 021 808 3218/3101 | E-pos: [email protected]
Webwerf: http://www.sun.ac.za/geography
MSc in Geografie en Omgewingstudies
Programkode: 49913 – 879(180)
Spesifieke Toelatingsvereistes
- 'n Toepaslike honneurs-graad met Geografie en Omgewingstudies of 'n toepaslike dissipline as hoofvak.
- 'n Gemiddelde slotpunt van 60% vir die BScHons-graad.
Programinhoud
Die program fokus op die studie en oplossing van mens-omgewingsprobleme en omgewingsverskynsels vanuit 'n ruimtelike perspektief. U kan die tesisnavorsing op 'n voltydse of deeltydse basis doen. Die navorsingsonderwerp word deur die Departement ontwikkel en goedgekeur.
Verpligte Module
- 49913 : Tesis Geografie en Omgewingstudies 828(180)
Assessering en Eksaminering
U mag die tesis in Engels of Afrikaans aanbied. Die tesis word beoordeel volgens die Universiteit se bepalings uiteengesit in Deel 1 (Algemene Reëls) van die Universiteitsjaarboek.
Navrae
Programleier: Prof A van Niekerk
Tel: 021 808 3218/3103 | E-pos: [email protected]
Webwerf: http://www.sun.ac.za/geography