Rektor se promosietoer vir skoolhoofde
Op Donderdag, 24 Februarie 2022, het prof De Villiers, rektor en visekanselier, in samewerking met die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW) en Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, skoolhoofde van Durban en Pietermaritzburg en twee van hulle studenteraadslede onthaal. Die skole wat genooi is, verteenwoordig beide strategies geïdentifiseerde voederskole asook skole in nuwe markte. Hierdie aangeleentheid was 'n gulde geleentheid om die Universiteit goed te plaas, persepsies in die skoolmark aan te spreek en die belangrike rol te erken wat hierdie skole speel in die uitnemende akademiese talent wat tot voorgraadse programme aan die Universiteit toegelaat word.
Die Rektor het erkenning gegee aan die waardevolle bydrae van hierdie skole in die bereiking van doelwitte beide in die verlede en die hede, asook in die toekoms. Hy het beklemtoon hoe belangrik dit is om vennootskappe te versterk ten einde te verseker dat die US steeds die universiteit van keuse vir toptalent bly. Prof De Villiers het ook die feit benadruk dat die US 'n instelling is waar studente “meer keuses en groter toegang tot 'n beter toekoms" het.
'n Adviseur van die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies het ook 'n voorlegging gedoen oor die aansoekproses om hierdie skoolleiers in staat te stel om terug na hulle skole/gemeenskappe te gaan en hulle eweknieë te help om by die Universiteit aansoek te doen.
“Aangeleenthede soos hierdie verskaf 'n platform waar ons onderling voordelige verhoudings kan handhaaf en bevorder," het Magdel Pretorius, waarnemende adjunkdirekteur: SSW gesê. Die SSW wil graag visionêre skoolhoofde en passievolle studenteleiers erken en hulle vier. “Ons besef dat ons mekaar nodig het as ons die stelsel op 'n betekenisvolle wyse wil beïnvloed."