Gradlinc: 'n eenvourdige oplossing vir Suid-Afrika se gegradueerde werkloosheidskrisis
'n Innoverende loopbaanontwikkelingsplatform vir gegradueerdes – Gradlinc – is aan die begin van die Universiteit Stellenbosch se 2022-gradeplegtigheidsweek op 5 Desember 2022 bekendgestel.
Gradlinc is 'n noodsaaklike oplossing om werkgewers, gegradueerdes en universiteite op 'n nasionale wolkgebaseerde platform met mekaar te verbind. Die platform se unieke bypassende algoritme verseker dat werkgewers se posvereistes baie presies ooreenstem met die gegradueerdes se vaardighede. Die Universiteit Stellenbosch se innovasie-afdeling, Innovus, het hierdie inisiatief gefinansier.
"Hierdie pasgemaakte gegradueerde loopbaanontwikkelingsplatform sal geloofwaardige, kwalifiserende en geverifieerde gegradueerdes in staat stel om by bestaande werksgeleenthede aan te sluit deur werkgewers en gegradueerdes bymekaar te bring," sê Lizane Füzy, hoofbestuurder van Gradlinc. “Ons glo die platform sal gegradueerdes se kanse op werksgeleenthede landwyd aansienlik verbeter."
Gradlinc los twee van werkgewers se belangrikste pynpunte op: tyd en geld. Die unieke bypassende vermoëns van die platform sal werkgewers help om meer as 80 persent van hul gemiddelde tyd en geld te bespaar wat spandeer word om gegradueerdes aan te stel.
Gegradueerdes kan maklik poste sien wat deur werkgewers geplaas is met spesifieke vereistes wat by hul vaardighede pas en dadelik aansoek doen. Vir tersiêre instellings bied Gradlinc uiteindelik 'n plaaslike oplossing wat aangepas is vir die huidige konteks en gegradueerde mark, wat hierdie komplekse landskappe ten volle begryp en 'n baie meer bekostigbare en omvattende alternatief bied.
Vandag se gegradueerders is tegnies vaardig en is meestal op hul mobiele toestelle gekoppel en gebruik wolkplatforms. 'n Onlangse studie aan die Universiteit Stellenbosch wys studente wil vermy om deur honderde irrelevante poste te blaai. Hulle dui op die behoefte aan "minder is meer," met verwysing na om maklik aansoek te doen vir werk sonder te veel moeite of vervelige vorms om te voltooi. Met dit in gedagte het die Gradlinc-span hard gewerk om 'n gebruikersvriendelike en doeltreffende platform te bou.
"Ons het 'n gesofistikeerde en unieke oplossing ontwikkel om studente te koppel aan geleenthede wat vir hulle relevant is," sê Füzy. "Terwyl dit ook werkgewers in staat stel om tyd en geld te bespaar, en universiteite help om 'n sleuteldoelwit te bereik - die skep van werksgeleenthede wat pasgemaak is vir hul gegradueerdes se kundigheidsveld sodra hulle gradueer."
Gradlinc sal die poort wees vir gegradueerdes om hul nuut verworwe kennis, vaardighede en talente in 'n verwante posisie toe te pas. Uiteindelik sal hulle positiewe waarde in die samelewing genereer en 'n werklike impak op hul gemeenskap hê. Gradlinc verseker inklusiwiteit en dat alle relevante kandidate gelyke werksgeleenthede kry ongeag hul akademiese prestasie of ander faktore wat hulle voorheen benadeel het.
Gradlinc is vandeesweek week by Universiteit Stellenbosch se gradeplegtigheid by Coetzenburg. Vir meer inligting aangaande die platform, kontak Lizane Füzy by [email protected] of Gradlinc se Bemarkings- en Besigheidsontwikkelingbestuurder, Pria Panu by [email protected] of skakel ons by 021 137 1744.