Skip to main content
Toestemming om te wees

Toestemming om te wees

Dineo Mafote. 2nd Year Fine Arts Student.
20 Augustus 2021

Vrouemaand,

soos vele vantevore,

is 'n oproep aan ons om alle vroue

te gedenk.

Vroue wat moedig abba aan die gemeenskappe

wat hul by hul mamas geërf het.

Die lug is swaar, gevul met dreunsang en ululering, in afwagting van protes,

met opgehefde baniere vier ons ons oorlewing.

Ons geweeklaag word verwerp met stiltes

leë woorde

en nogmaals onvervulde beloftes…

In hierdie Vrouemaand,

al sou dit een enkele maand duur,

wens ek vroue kan vreesloos leef, sonder angs vir nag of duister mag.

Toestemming vir moed verloor, en tande kners, vloek teen listige woorde.

Toestemming vir blaf en grom teen mans wat op heilige plekke oortree,

langer as die toegelate tyd vertoef.

Wens ek die strate en stegies kan leeg bly, vry van skarlaken bloed,

vry van ontweide en ontblote liggame.

Toestemming dat jong meisies nie nou al imbokodo hoef te wees nie,

dat vroue gekoester tuis kan leef,

en nie buite aan

bome opgehang word nie.

Toestemming dat die sondes van die wêreld

nie op hul geboë skouers hoef te rus nie.

– Toestemming om te wees