
10 uitgelese professore dui op FGGW se akademiese voortreflikheid
Nie minder nie as 10 van die 37 akademici wat onlangs as uitgelese professore deur die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel is, is van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) – meer as enige ander fakulteit. Uit hierdie 10 is vyf vroulik – weereens meer as enige ander fakulteit.
Hul aanstelling – en in ses gevalle heraanstelling – is 'n erkenning van hul uitmuntende akademiese prestasie. Hiervoor is hul bydrae tot navorsing, publikasies, onderrig en nagraadse toesig asook die sosiale impak van hul werk in ag geneem.

“Hierdie aanstelling, asook my Navorsingsleerstoel in Innoverende Rehabilitasie, is wonderlike eerbewyse. Dit posisioneer my sodanig dat ek jong akademici positief kan beïnvloed en uitnemende navorsing kan vestig wat nuwe denkwyses en die uitdaag van grense ten opsigte van kennis en praktyk op hierdie gebied behels."
Louw, wat in 2005 as die eerste professor in fisioterapie aan die US aangestel is om navorsing en nagraadse opleiding te bevorder, sê: “Daar is 'n nou verband tussen my navorsingsdoelwitte en my Navorsingsleerstoel, waarin ek goed geposisioneer is vir nuwe ontwikkelinge in rehabilitasienavorsing binne 'n Suid-Afrikaanse konteks van beperkte hulpbronne. My navorsing word gerig deur inklusiwiteit, samewerking en integrasie ten einde op doeltreffende wyse by belanghebbendes en eindgebruikers betrokke te raak. Ek hoop voorts om rehabilitasie oor 'n verskeidenheid sektore te herposisioneer."
Louw wys daarop dat innovasie 'n belangrike pilaar van haar werk is: “Covid-19 het wetenskaplike innovasie bespoedig sodat daar, te midde van vinnig veranderende kontekste, aandag gegee kan word aan toenemende gesondheidsbehoeftes wêreldwyd. My innovasie sal op drie benaderings berus. Ek hoop om die voortou te neem met innoverende navorsingsmetodes ten opsigte van rehabilitasie, gesondheidstelsels asook bewysoordrag vir gemeenskapsimpak."
Daarbenewens beoog Louw om te fokus op die bou van vennootskappe: “Ek wil aansienlike tyd en moeite bestee aan die uitbreiding van my netwerke en die versterking van bestaande produktiewe vennootskappe."
Sy het reeds talle voorleggings op nasionale en internasionale konferensies gedoen, insluitend die Internasionale Vereniging vir Biomeganika en die Wêreldkonfederasie vir Fisioterapie, en is 'n genooi om in April 2021 op die Wêreldkongres vir Fisioterapie te praat.

“Ek is verheug dat ek erkenning ontvang vir my bydrae op die gebied van bio-etiek, veral in die konteks van die pandemie en die algemene toestand van wanhoop wat ons almal gedurende 2020 beleef het," sê Moodley.
Sy beskou haar aanstelling ook as erkenning van die belang van die veld waarin sy werk: “Bio-etiek word oor die algemeen nie so hoog aangeslaan in die Suid-Afrikaanse akademie nie, ondanks die kritieke belang daarvan vir alle dissiplines. Hierdie erkenning benadruk dan ook die waarde wat bio-etici tot opvoeding en navorsing in die gesondheidswetenskappe bydra."
Onder Moodley se leierskap het die sentrum in Suid-Afrika en elders in Afrika 'n leidende rol gespeel wat die bou van kapasiteit op die gebied van bio-etiek betref. “Oor die afgelope 17 jaar het dit die US se opvoedkundige mandaat na 10 Afrikalande uitgebrei deur bio-etiekkapasiteit in 40 middelloopbaan-beroepslui op die vasteland te ontwikkel," benadruk sy. “Daar is tans sewe PhD-genote in ons opleidingsprogram in Progressiewe Navorsingsetiek in Suider-Afrika.
Sy vervolg: “Baie van my navorsings- en opleidingsuitsette was danksy eksterne befondsing deur die Amerikaanse National Institutes of Health. Vier toekennings die afgelope sewe jaar aan die sentrum het nagenoeg R50 miljoen beloop. Dit het die opleiding van beurshouers uit Afrika en die indiensneming van deeltydse akademiese en administratiewe personeel moontlik gemaak en ook navorsing oor etiese, regs- en maatskaplike aspekte van MIV en genoom-biobankdienste bevorder."
As gevolg van sodanige inisiatiewe het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) die sentrum aangewys as 'n lid van die WGO se Samewerkende Sentrums vir Bio-etiek – die enigste een in Afrika en een van net tien sentrums wêreldwyd wat hierdie eer te beurt geval het. “Via globale samewerkende navorsing en opleiding asook gemeenskapsbetrokkenheid het dit tot internasionale erkenning vir ons werk gelei."

Wat as belangrike motiverende faktor in haar werk dien, is dat sy die nodige leierskap aan die dag moet lê vir die bevordering van globale gesondheid: “As hoof van die Departement Globale Gesondheid streef ek na akademiese leierskap ter bevordering van globale gesondheid – die vakgebied en praktyk wat billikheid in gesondheid wil bevorder. Van kritieke belang is relevante, robuuste en tydige navorsing – en ondersteuning ter uitvoering daarvan – en dat betrokke geraak word by besluitnemers sodat navorsing in gesondheidsbeleid en praktyk kan vertaal."
Young, wat sedert 2010 opleiding in 'n hele aantal Afrikalande behartig het, benadruk: “Ek is veral gretig om gelykwaardige vennootskappe te koester en te bevorder sodat ons 'n groter impak kan hê. Dit lê my na aan die hart om dit verder te neem en in die volgende generasie te belê – om vermoë te bou sodat aandag gegee kan word aan die verskeidenheid gesondheids- en maatskaplike uitdagings waardeur ons in die gesig gestaar word."
Soos Moodley gee sy geredelik erkenning aan die bydraes van andere tot haar akademiese prestasies: “Dit is beslis nie 'n alleenpaadjie om die akademiese doelwitte vir uitgelese professorskap te bereik nie," sê Young.
“'n Spesiale dankie aan al my kollegas, medewerkers, studente, befondsers en die baie ondersteuningspersoneel wat agter die skerms werk. Ek waardeer opreg die fakulteitsomgewing wat geskep is om dit vir my moontlik te maak en my familie se onvoorwaardelike steun."
Sy is trots op haar FGGW-kollegas wat op soortgelyke wyse deur die universiteit vereer is: “My gelukwense aan my kollegas wat ook as uitgelese professore aangestel is. Ek is werklik in my skik dat 10 van die aanstellings uit ons fakulteit kom."

Tog beskou hy sy aanstelling as veel meer as 'n individuele eer: “Dit is wonderlike erkenning vir die mate waartoe huisartskunde en primêre sorg in 'n sterk akademiese dissipline aan die universiteit ontluik het. In die 1990's was huisartskunde 'n jong dissipline wat gesukkel het om erkenning en vastrapplek in die fakulteit te kry. Nou, 20 jaar later, bevestig hierdie eerbewys die belang van die dissipline in die universiteitsomgewing."
Tog glo hy daar lê steeds groot uitdagings voor: “Ek wil deur middel van navorsing en die gepaste opleiding van gesondheidspraktisyns ondersteuning bied vir die versterking van primêre gesondheidsorg in Suid-Afrika, Afrika benede die Sahara en die wêreld oor.
“Daar is groeiende politieke en beleidmakersmomentum wat betref die belang van primêre gesondheidsorg vir die verwesenliking van universele gesondheidsdekking- en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Ons moet egter woorde in dade omskakel. In baie Afrikalande is primêre gesondheidsorg steeds die Aspoestertjie van die gesondheidstelsel."
Mash voeg by: “Ek is by 'n aantal inisiatiewe in hierdie verband betrokke – die globale Navorsingskonsortium vir Primêre Gesondheid en Huisartskunde, die Netwerk vir Primêre Sorg en Huisartskunde in Afrika benede die Sahara, die African Journal of Primary Health Care and Family Medicine en die ontwikkeling van primêre gesondheidsorg as 'n nis-navorsingsgebied in die fakulteit."
Drie van die ses heraanstellings onder die fakulteit se 10 uitgelese professore is van een departement – die Departement Pediatrie en Kindergesondheid:
Die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika in die Departement Biomediese Wetenskappe beklee ook 'n prominente rol wat betref die FGGW se uitgelese professore, met twee wat hier heraangestel is.
Die sesde heraanstelling by die FGGW as uitgelese professor is by die Departement Psigiatrie: