
FGGW beplan nuwe voorkoms vir kliniese gebou se granietrots
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs 'n Erfenisdag-interaktiewe sessie aangebied met die oog daarop om 'n proses te begin om die granietrots buite die Kliniese gebou met die gediguittreksel “'n beitel moet kan klip breek as hy 'n beitel is" deur die digter N.P. Van Wyk Louw se voorkoms te hersien.

Dié rots op SU se Tygerberg-kampus – die tuiste van die FGGW – is jare lank reeds 'n besprekingspunt. Die gesprekke wentel rondom die insluit van ál Suid-Afrika se amptelike tale op die rots. Die genoemde rots is in 1974 daar geplaas, byna 20 jaar ná die fakulteit se ontstaan in 1956.
Oor die afgelope paar maande het die bekroonde visuele kunstenaar Jenna Burchell saam met die fakulteit se visuele regstellingstaakspan gewerk aan maniere hoe om die rots se herinneringe en betekenis te behou deur die gebruik van haar unieke “Songsmith"-metode. Burchell het verduidelik dat sy geïnspireer word deur die Japannese Kintsukuroi-metode waarin oudhede gerestoureer word deur stukke goue of silwerlakvernis. “Die ander punt wat vir my belangrik geword het, is om die rots in sy omgewing te oorweeg en om hulde daaraan te bring en te verseker dis nie net iets waar mense verbyloop en nie eens raaksien nie," sê Burchell.
Klik hier om Burchell se voorlegging vir die hersienproses te sien.
In 'n poging om te verseker dat die outeurskap van die nuwe frases en gesegdes rondom die rots binne die Tygerberg-kampusgemeenskap bly, het visuele regstellingstaakspan, onder leiding van fakulteitslid Florence de Vries, meer as 100 frases, gesegdes, metafore en uittreksels uit gedigte uit verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale tale van personeellede, studente en alumni versamel. De Vries verduidelik: “Dis belangrik dat dié deel van die proses gelei word deur mense wat hier woon, werk en studeer. Dit is hoekom ons personeellede, studente en alumni betrek het deur 'n reeks fokusgroepe, besprekings, stemboodskappe, e-posvraelyste, asook persoonlike gesprekke. Ons sal so voortdoen totdat ons bepaal het watter frases en gesegdes saam met die hersiene rots sal verskyn."
Klik hier vir 'n oorsig van kommentaar oor die rots én die versamelde frases en gesegdes van personeellede en studente in Augustus en September 2022.
Prof Elmi Muller, die fakulteitsdekaan, is die oorsiener van die proses en het beklemtoon hoe welkom verandering is en dit kan ook mediese en gesondheidsorgdienste weerspieël wat die fakulteit se doel is. “Die Tygerberg-kampus is nie 'n eiland nie en ons verwelkom die nuwe skuif in beklemtoning met die fokus op taal. Te oordeel na die kommentaar van respondente in die laaste se ses weke, is dit 'n noodsaaklike en welkome verandering."
Die hersieningsproses is op Vrydag 30 September begin deur die rots te weeg. Volgens Burchell is die granietrots teen 3,1 ton 'n ideale gewig vir die delikate werk wat volg.
Tussen November 2022 en Februarie 2023 sal die visuele regstellingstaakspan FGGW-personeellede en -studente nooi om deel te neem aan werkswinkels om die finale frases en gesegdes vir die rots te finaliseer.
Onderskrif (bannier): Visuele kunstenaar Jenna Burchell oorsien die weeg van die granietrots buite die Kliniese gebou.
Onderskrif (insetsel): A visuele regstelling-skakeling is in September gehou om die rots buite die Kliniese gebou te bespreek.