
Uitnodiging na personeelbyeenkoms
Die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, nooi alle personeel van die Universiteit Stellenbosch uit na die laaste personeelbyeenkoms van die jaar. Lede van die Bestuurspan sal personeel oor belangrike ontwikkelings sedert ons vorige virtuele personeelbyeenkoms in Augustus inlig. Ons sal ook afskeid neem van prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor: Leer en Onderrig, wat aan die einde van die jaar aftree.
Datum: Dinsdag, 8 Desember 2020
Tyd: 12:45–13:45
Formaat: MS Teams Live
Skakel: https://rebrand.ly/SUStaffAssembly
Agenda:
- Verwelkoming
- Terugblik op 2020/Vooruitskouing op 2021
- Raadsbesluite oor die begroting vir volgende jaar
- Leer en Onderrig
- Menslike Hulpbronne/Personeel-welwees
- Vraag- en antwoordsessie
- Afsluiting
Let asb daarop dat personeel gedurende die vergadering vrae aan lede van die Bestuurspan deur middel van die geselsfunksie sal kan stel. Vrae kan ook per e-pos na [email protected] gestuur word en moet ons teen 7 Desember 2020 bereik.