Skip to main content
Loslitdag 2021

Loslitdag 2021

Awethu Fatyela
20 Augustus 2021

Vanjaar op 3 September 2021 vier ons en neem ons deel aan die 27ste Loslitdag. Alhoewel die “nuwe normaal" vereis dat ons ons soveel as moontlik van vriende en geliefdes moet afsonder en die korrekte sosiale afstand moet handhaaf, bied dit ons ook die geleentheid om anders oor dinge te dink en nuwe maniere te vind om daar te wees vir mekaar, ondanks fisieke afstand.

Loslitdag 2021 se tema is Durf en Deernis, 'n tema wat veral relevant is vir die tye en omstandighede waarin ons leef, en om ons weg deur Covid‑19 te baan. Die Covid‑19‑pandemie skep nie alleen groot uitdagings vir persone met gestremdhede nie, maar ook wat die ondersteuning van persone met gestremdhede betref. In 2021 vra ons alle Suid‑Afrikaners en ons direkte gemeenskappe om durf en deernis aan die dag te lê by die ondersteuning van persone met gestremdhede, onder meer deur Loslitdag‑inisiatiewe en ander inisiatiewe in ons direkte werk‑ en huisomgewings te ondersteun.

Ons doen 'n beroep op jou om durfkrag te hê en deel van 'n gemeenskap van persone te word wat optree en deelneem as hulle gevra word om dit te doen. Lê durf aan die dag en word deel van kragdadige gesprekke oor gestremdhede met gestremde persone. Kom ons benut daardie deel van ons gemeenskaplike mensheid wat deernis teenoor ander en onsself uitlok. Die soort deernis wat ons in staat stel om te kan uitreik en ander se lewens aan te raak. Word deel van die Loslitdag‑beweging en koop jou Loslitdag‑plakkers voor 3 September.

Die plakkers kos R20 elk en 'n deel van die opbrengs van die Universiteit Stellenbosch se plakkerverkope gaan aan die Stellenbosch Werksentrum.

Koop jou plakkers by: 

  • Luigia Nicholas van die SR‑kantoor ([email protected])
  • US-inentlokaal by die Lentelus Sportgrond, 11 Hammandshand Weg, Stellenbosch Sentral
  • Stellenbosch Werksentrum: 1 Patrys Ln, Onder Papegaaiberg / Leslie Olivier 083 403 8930 ([email protected])