Skip to main content
US-personeel lewer kommentaar op nuwe Visie, Strategiese Raamwerk

US-personeel lewer kommentaar op nuwe Visie, Strategiese Raamwerk

Rozanne Engel/Asiphe Nombewu/Corporate Communication Division
24 Julie 2018

Meer as 100 personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag (24 Julie 2018) by die Endlersaal byeengekom om te luister hoe prof Wim de Villiers, US-Rektor en Visekanselier, die Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 amptelik bekendgestel het.

In sy toespraak het die Rektor die personeel as een van die sleutelbelanghebbendes erken en  beklemtoon hoe belangrik dit is vir personeel op hoogte te bly van die universiteit se planne.

Visie 2040 sal gedryf word deur die volgende vyf waardes gedryf word: uitnemendheid, deernis, aanspreeklikheid, respek en billikheid. Die Adjunk-Visekanselier vir Strategie en Internasionalisering aan die US, Prof Hester Klopper, het gesê die waardes hou verband met die oortuigings en houdings wat gedrag lei.

Die Rektor het 'n transformerende studente-ervaring, genetwerkde- en samewerkende onderrig en leer, navorsing vir impak, doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke, voorkeurwerkgewer en ʼn florende Universiteit Stellenbosch as die kern strategiese temas uitgelig.

Korporatiewe Kommunikasie het met 'n paar personeellede gepraat om hul menings oor die nuwe Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 te hoor.

“Die nuwe visie 2040 vir ons is baie opwindend omdat entrepreneurskap en innovasie in die middelpunt van die nuwe Visie is en dit is presies wat ons doen. Daarom is ons opgewonde om te sien hoe ons hierdie nuwe visie in die volgende 22 jaar kan ondersteun en dryf," het Brandon Paschal gesê.

“Ek dink wanneer jy begin met 'n nuwe visie en strategie; is dit 'n baie opwindende oomblik in die geskiedenis van enige organisasie. Ek is opgewonde omdat ons moet vorentoe moet kyk. Die US kan voortbou op 'n baie suksesvolle verlede. As jy na die kern strategiese temas kyk, dink ek dit is so belangrik dat ons 'n transformerende studente-ervaring sal hê wat die kernbesigheid van enige universiteit is," het De Wet Schoeman gesê.

"Ek voel opgewonde, meer opgewonde as wat ek verwag het. Ek dink dit is baie goed ontwerp, dit is baie geïntegreerd en duidelik sonder om te ambisieus te wees. Ek dink dit handel oor relevante kwessies, wat mense se daaglikse lewe verband hou. Natuurlik is die duiwel altyd in die besonderhede. Groot woorde is uitstekend en hulle is 'n uitstekende groot woorde, maar as iemand wat in ʼn bestuursposisie was en nou onderrig, dink ek die uitdaging vir bestuur gaan wees om dit 'n dag-tot-dag uitdaging maak en seker maak dat mense deel van die oefening is. Ons sal sien wat van hier af gebeur, het Prof Maureen Robbinson, gesê.

“Ek dink vandag die strategiese plan wat die rektor gelewer het, was baie indrukwekkend. Ons moet dieper grawe in terme van navorsingspunte en probeer om gemeenskappe te help deur strategieë in te stel hoe ons die land kan help met kwessies soos grondvergryppe. As universiteit het ons die kapasiteit, ons werk met gemeenskappe en ken die uitdagings en met navorsing kan ons help," het Dr Sipho Mchokoto, gesê.

Kyk na die video om ander personeellede se kommentaar op die Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 te sien.​

 
  • ​Selfoongebruikers klik ​hier vir video.