Skip to main content
Studentesake wens nuwe SR geluk

Studentesake wens nuwe SR geluk

Media Officer: Student Affairs / Mediabeampte: Studentesake
30 Augustus 2017

​Die verkiesing van die 2017/18 Studenteraad (SR) is suksesvol afgesluit met die aankondiging van die nuutverkose kampusleiers. Daar het vanjaar 4 119 studente gestem op die Saldanha, Tygerberg en Stellenbosch kampusse. Die Afdeling Studentesake en US bestuur wens die kandidate geluk wat verkies is en hoop vir hulle 'n suksesvolle jaar toe. Hulle is:

1.     Zander Prinsloo

2.     Omri Jacobsz

3.     Kate Roodt

4.     Ben Moolman

5.     Denisha Padachey

6.     Lwando Nkamisa

7.     Leighton September

8.     Wiann Bester

9.     Aluwani Ramarumo

Die nege verkose lede en die ex officio lede vorm saam die SR. Die ex officio lede is Euwen Eton (Akademiese Belangeraad), Hannah Lester (Verenigingsraad), Bobby Wessels (Primkomitee), Tevarus Naicker (Tygerberg Studenteraad) en die Kaptein van die Militêre Akademie, wie nog nie verkies is nie.

Die Senior Direkteur: Studentesake, Dr Birgit Schreiber, sê dat sy gelukkig is met die afsluiting van vanjaar se SR-verkiesing. “Die Afdeling Studentesake wens al die nuwe leiers 'n suksesvolle termyn toe. Ons bedank elkeen wat bygedra het tot hierdie suksesvolle afsluiting. Ons sien daarna uit om saam te werk in die ondersteuning van ons studente en ons instelling deur diensbare leierskap."​