SIGLA professor vorm deel van internationale navorsingspan
Druk deur lidlande en samelewings op internasionale organisasies soos die Afrika Unie, Europese Unie en die Verenigde Nasies om uitgawes aan vredesoperasies te regverdig het aanleiding gegee tot 'n behoefte rakende impak en effektiwiteit. NUPI (die Noorweegse Instituut vir Internasionale Verhoudinge) het 'n internasionale netwerk van navorsers byeengebring om gesamentlike navorsing oor die impak en effektiwiteit van vredesoperasies te doen. Die spanne is multi-dissiplinêr, geslagsgelyk en beklemtoon deelname en oorsig van navorsers uit die Globale Suide. Spanne is opgestel om Mali, Somalië en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) as gevallestudies te ontleed. Professor Thomas Mandrup van SIGLA (SIGLA @ Stellenbosch) vorm deel van die DRK span en spesifiek van die navorsingsgroep wat op Goma in die gevaarlike oostelike deel van die land fokus.