Skip to main content
Nuwe mede-direkteur vir Confucius Instituut

Nuwe mede-direkteur vir Confucius Instituut

Amanda Tongha
24 Julie 2018

​Dit is 'n nuwe hoofstuk vir die Confucius Instituut by Universiteit Stellenbosch (CISU) met die aanstelling van dr Ying Wang as mede-direkteur. Dr Wang sal aan die stuur van aktiwiteite wees by die instituut oor die volgende paar jaar. Hierdie behels die onderrig van Mandaryns aan Universiteit Stellenbosch (US)-studente, plaaslike skoolkinders en die publiek as geheel.

Dr Wang sluit aan by die Universiteit Stellenbosch van Xiamen Universiteit in China, waar sy Mandaryns as 'n vreemde taal onderrig het. In haar nuwe rol by die US sal sy die aktiwiteite van die CISU saam met Robert Kotzé, Senior Direkteur van die US Internasionale bestuur. Die CISU wat deel vorm van US Internasionaal, is einde 2007 as deel van 'n ooreenkoms tussen die US en Xiamen Universiteit in China gestig. Die CISU het sedertdien gegroei en ontwikkel en akkommodeer tans 1675 studente by 14 onderrig sentrums, insluitend die US en skole in die breër Wes-Kaap, soos Worcester, Wellington en Knysna. Die CISU bied kursusse op verskillende vlakke aan, insluitend basiese, intermediêre en gevorderde Mandaryns. Hul aktiwiteite sluit in Chinese taalonderrig, Chinese kulturele gebeure en ondersteuning met mobiliteitsprogramme na China.

Die CISU is geleë in die WAT-gebou in Banghoekstraat, waar dr Yang 'n span van ses vrywillige Chinese onderwysers lei. Voordat sy by die US aangestel is was dr Wang Chinese Direkteur van die Confucius Instituut by die Universiteit van Newcastle in die VK, asook die Confucius Instituut aan die Universiteit van Malta. Sy het ook Mandaryns aan die Universiteit van Noord-Carolina by Chapell Hill in die VSA en Dhurakij Pundit-universiteit in Bangkok, Thailand, onderrig.

Dr Wang wat nuut in Suid-Afrika is, sê sy sien uit daarna om die Confucius-instituut by die Universiteit Stellenbosch en plaaslike gemeenskappe te help integreer.​​​​​​

Lees hier oor die aktiwiteite van die CISU