Skip to main content
AvOL 2018:  Registrasies oop

AvOL 2018: Registrasies oop

Dr JP Bosman
30 Januarie 2018

AvOL 2018:  Registrasies oop!

Die 11de jaarlikse Universiteit Stellenbosch (US) konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) vind op 30 en 31 Oktober 2018 plaas. Prekonferensie-werkswinkels word op 29 Oktober 2018 aangebied.

Die konferensie vind weer vanjaar by die Lord Charles Hotel, Somerset-Wes, plaas.

Die doel van die konferensie is om aan US akademici die geleentheid te bied om deel te neem aan gesprekke oor onderrigpraktyke en -filosofieë. Hierdie jaar se konferensie beloof om weereens 'n opwindende en leersame geleentheid te wees. Vanjaar se tema is Akademiese Leierskap.

Almal word genooi om nou hulle abstrakte te begin indien, en te registreer!

Besoek gerus die konferensiewebtuiste by http://www0.sun.ac.za/sotl/

Navrae:  [email protected]