Skip to main content
Impak van COVID-19 op vroue-akademici in hoër onderwys

Impak van COVID-19 op vroue-akademici in hoër onderwys

Daniel Bugan
05 Augustus 2021

'n Referaat deur twee akademici van die Universiteit Stellenbosch, prof Pregala (Solosh) Pillay en me Priscalia Khosa, oor die impak van COVID-19 op vroue-akademici in die hoëronderwyssektor, het groot erkenning ontvang by 'n onlangse internasionale konferensie oor gendernavorsing in Portugal.

“Of hulle op kampus of van die huis af werk, vroue-akademici moet dikwels verskeie rolle vervul, soos dié van akademikus, ouer, versorger, student en tuisonderrigverskaffer vir hul kinders. Hierdie rolle is kompleks en is tot 'n mate deur die COVID-19 pandemie vererger," voer die referaat aan.