
Die Afdeling vir Sosiale Impak verwerf finansiële toekenning om konferensie oor betrokke universiteite aan te bied
Die Afdeling vir Sosiale Impak het 'n finansiële toekenning ontvang om as gasheer-satellietkampus die komende Talloires Network Leaders Conference (TNLC2021) 30 September - 3 Oktober 2021 aan te bied. Die tema van hierdie jaar se konferensie is "Global Universities, Local Impact: Power and Responsibility of engaged universities. "
Die toekenning vir betrokke universiteite is 'n toekenningsprogram wat daarop gemik is om toegang en deelname aan te moedig. Hierdie is die vyfde wêreldkonferensie en sal na verwagting deelnemers uit feitlik alle wêreldstreke lok om krities te besin oor die mag en verantwoordelikheid van betrokke universiteite om saam te werk, en in vennootskap met gemeenskappe, globale uitdagings volhoubaar en billik aan te spreek.
Die konferensie sal deur middel van werkswinkels en besprekingssessies ondersoek instel oor hoe universiteite kan bydra tot 'n gesonder, veiliger en volhoubare wêreld; hoe om impak te evalueer; en hoe om dit te versterk. Deelnemers sal saam krities besin, idees uitruil en saam werk aan strategiese beplanningspogings vir aksie oor belangrike en onderling verwante kwessies, waaronder pandemiese herstel en veerkragtigheid, konflik en ongelykheid, klimaatgeregtigheid, assessering van betrokkenheid en toekomstige burgerlike betrokkenheid deel vorm.
Vir meer inligting oor die konferensie, besoek: https://talloiresnetwork.tufts.edu/tnlc2021-boston-2/
Vir verdere navrae, kontak die afdeling vir sosiale impak: [email protected]