
Navorsingsbulletin
Die eerste uitgawe van Universiteit Stellenbosch se Faculty of Education Research Bulletin is onlangs saamgestel.
Vind die bulletin hier.
Die doelwit is om die bulletin jaarliks te publiseer. Dit bestaan uit artikels van tussen 800 tot 1500 woorde deur akademiese personeellede, studente en nadoktorale genote van die fakulteit.
Volgens prof Aslam Fataar, Visedekaan: Navorsing, is die doel van die bulletin tweeledig: eerstens om die wye omvang van navorsing in die Fakulteit ten toon te stel; en tweedens om te illustreer hoe akademici in die Fakulteit navorsinggegronde verbindings vestig met sleutelaspekte van ons opvoedkundige funksionering in verskeie formele en nie-formele onderwysinrigtings, en breër verbindings met debatte rakende die gemeenskap, burgerskap en demokrasie.
Die artikels in hierdie bulletin weerspieël die gehalte en relevansie van navorsing wat in die Fakulteit gedoen word. Dit beklemtoon die 'navorsing-intensiewe' benadering tot die verskeie dimensies van ons werk, wat onderwys en onderrig, tesis-studieleiding, gemeenskaps- en hoëronderwysdiens en navorsingpublikasie insluit.
"As een van Suid-Afrika se leidende fakulteite in opvoeding streef ons daarna om ons huidige navorsingsbenadering ten opsigte van ons werk te handhaaf, en ons is voortdurend besig om maniere te vind om oor alle dimensies van ons akademiese werk heen te verbeter in die soeke na opvoedkundige uitnemendheid, gehalte en relevansie," aldus prof Fataar.