
“Die wêreld lê oop voor jou” – Verwelkomingsboodskap aan nuwe USB SBA-deelnemers
Die 18 nuwe deelnemers van die USB Kleinsakeakademie (SBA) se Ontwikkelingsprogram is verlede week op die USB-kampus verwelkom.
Guy Harris, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Entrepreneurskap, was die gasspreker.
"Die wêreld lê oop voor jou. Suid-Afrika het ʼn tekort aan entrepreneurs en omdat julle entrepreneurs is, het julle jul hande opgesteek en gesê: 'Ons gaan dit regstel.' Julle neem risiko's en daarvoor haal ek my hoed af vir julle," het hy gesê.
Hy het die deelnemers bemoedig deur te sê: "Net jy alleen kan dit laat gebeur."
Die volledige lys van deelnemers is:
Naam | Onderneming |
Wongama Baleni | Department of Coffee |
Wezo Bolitye | Stix & Stones Graphics |
Natasha Daniels | GMD Painters |
Thuleka Duze | Thuleka and Sons |
Bulelwa Dywili Jikolo | Maholino |
Thembile Gcukumeni | Thembile's Breadshop |
Amelia Groenemeyer | Tradeworks |
Xoliswa Hulla | Camagu Bafazi |
Theresa Lottering | JTO Projects |
Nceba Mazamisa | Taurai Investments |
Nozipho Mfino | Blauminis |
Vuyile Msaku | Department of Coffee |
Mncedisi Saziwa | Z.A Taxis |
Magdaleen Scheepers | Mac Hair and Beauty Salon |
Nomfundo Tingwe | Bright Ideas Project 2268 |
Marlene van Niekerk | Heilbron Trading |
Nicholas Xhonxa | SSA Investments |
Vice Zono | Zono Investments |
Sonja Morkel van die Distell-Stigting en Gordon Sharman van Absa, die twee hoofborge van die SBA, het ook die groep verwelkom.
Die deelnemers en hul ondernemings sal individueel in die volgende e-nuusbriewe bekend gestel word.
Kyk hier na ʼn video om te sien waaroor die SBA gaan - https://www.youtube.com/watch?v=Podpd0FGIS4&feature=youtu.be