Skip to main content

Honneurs in Rekenaarwetenskap

Die Honneursgraad is ‘n een-jaar voltydse kursus wat gewoonlik na ‘n drie-jaar BSc- of BCom-graad gevolg word. Oor die afgelope vyf-en-veertig jaar het meer as 600 talentvolle studente ons program voltooi. Die Honneursprogram is uitstekende voorbereiding vir 'of ‘n Meestersgraad 'of ‘n loopbaan in die industrie. Dit is deels weens die samestelling van die program: ‘n mengsel van kern Rekenaarwetenskap teoretiese kursusse en toepassings

Die Honneursgraad is uitdagend en harde werk en daar word van studente verwag om hul eie tyd te bestuur en meer onafhanklik te werk as gedurende hul voorgraadse studie, veral aan hul projek. Ons is egter trots op die feit dat ons graduante baie gesog is in die industrie. Die graad maak ‘n aansienlike impak op jou salaris en deesdae dring baie maapskappye op hierdie kwalifikasie aan. Verdere inligting vir voornemende studente, insluitend die aansoekprosedures en ‘n FAQ, is beskikbaar op ons bladsye vir Voornemende nagraadse studente.

Kurrikulum - Rekenaarwetenskap

Die Honneurskurrikulum is op voltydse nagraadse studente gemik. Studente wat Honneurs deeltyds wil doen, kan vir ‘n maksimum van twee jaar registreer, maar neem asseblief kennis dat klasbywoning verpligtend is, want klasse is nie altyd gebaseer op ‘n lesing nie en sluit dikwels gesprekke oor bekende oplossings, nuwe navorsing, of onopgeloste probleme in die veld in. Studente moet ‘n honneurs jaarprojek en ses keusemodules voltooi. Die lys van beskikbare nagraadse modules word op die nagraadse modules bladsy gelys.

Die Honneurs projek is 32 krediete werd. Die honneurs projek vorm ‘n kritiese deel van die Honneursgraad en behels ‘n groot sagteware ontwikkeling of navorsingsprobleem waaraan die student onafhandklik werk, onder toesig van ‘n personeellid. Die projek volg nie die voorgraadse semesters nie; dit begin sodra die projekte toegeken is en eindig wanneer die finale voordrag en demonstrasies aan die einde van die jaar plaasvind. Daar is ‘n paar sperdatums deur die jaar, maar op die ou einde moet studente hul eie tyd bestuur.

Die keusemodules is elk 16 krediete werd en jy moet vir ses modules registreer. Die keusemodules word 'of in blokke aangebied 'of oor ‘n tydperk van 15 weke, met ‘n addisionele eksamenweek aan die einde. Die lys van keusemodules wat in ‘n spesifieke jaar aangebied gaan word, word teen die eerste Honneurs byeeenkoms gefinaliseer. Neem asseblief kennis dat studente op die meeste twee nagraadse modules by Wiskunde of Toegepaste Wiskunde kan neem, onderhewig aan goedkeuring deur die betrokke departemente/afdelings. Spesiale toestemming hoef egter nie gevra te word vir die neem van die volgende twee Toegepaste Wiskunde modules nie: Digitale Beeldverwerking en Rekenaarvisie nie; hierdie twee modules is ‘n uitsondering op die reël.

Jy kan ‘n kombinasie van modules kies wat meer op onderwerpe in ‘n spesifieke area soos byvoorbeeld Masjienleer, Datawetenskap, of Sagteware Ingenieurswese fokus, of wat ‘n weier verskeidenheid van onderwepre dek, om vir ‘n verskeidenheid van loopbaan opsies as sagteware ontwikkelaar voor te berei. Aan die begin van jou nagraadse studies sal jy die geleentheid hê om met personeellede oor die verskillende opsies te gesels, sodat jy ‘n ingeligte besluit kan maak.

Klas van 2026

FAQ

  • 2026 Modules: Die modules wat in 2026 aangebied gaan word, word op die NG modules gelys. Ons beveel aan dat jy jou modules na orïentasie kies, maar as jy om een of ander rede voor orïentasie moet registreer (bv. om toegang tot jou koshuis te verkry), kies dan voorlopig drie modules per semester en verander jou modules soos nodig na orïentasie.
  • 2026 Projekte: Die lys sal op 2 Feb 2026 finaliseer word.
  • Finale aanvaarding: As jy voorlopig aanvaar is, maar nog nie teen 16 Januarie jou finale aanbod ontvang het nie, stuur asseblief ‘n epos aan [email protected] om te bevestig dat jy gradueer het (‘n graadsertifikaat is genoeg vir interne studente, ‘n studierekord is nodig vir eksterne studente).
  • Demi: Die beskikbare demi openinge sal tydens orïentasie adverteer word, so as jy nog nie ‘n demi posisie het nie, sal ons dit tydens oriëntasie uitsorteer.

Belangrike Datums

  • 2 Feb om 10:00: Honneurs Oriëntasie (K303, Kennis Sentrum, Ingenieurswese)
  • 6 Feb: Sperdatum: Projekkeuses
  • 9 Feb: Eerste semester klasse begin

Klasrooster en algemene info