Intermolekulêre interaksies
Intermolekulêre interaksies in vastetoestand-eienskappe en -verskynsels
Navorsingsvelde
Strukturele chemie, berekeningschemie, kristallografie, fisiese chemie
Navorsingshoogtepunte
- Goudkomplekse as waterstof- en halogeenbindingsakseptore
- Interaksies tussen gasmolekules en poreuse materiale
- Vastetoestand-eienskappe van farmaseutiese produkte
Navorsingsopsomming
Die fokus van die Esterhuysen-groep is die analise van nie-kovalente interaksies tussen molekules en ione in die kristallyne vastetoestand, om hul oorsprong te verstaan en uiteindelik te benut in die ontwerp van nuwe materiale met interessante eienskappe, veral porositeit. In die besonder konsentreer ons op ongewone interaksies, soos aurofilisiteit (Au···Au), sowel as halogeenbindings. Die alomteenwoordige waterstofbinding word nietemin nie geïgnoreer nie, alhoewel ons oor die algemeen fokus op ongewone aspekte van waterstofbinding, soos goud as 'n waterstofbindingsakseptor. Ons gebruik 'n kombinasie van eksperimentele kristalstrukture, deur "data-ontginning" van die Cambridge Strukturele Databasis, en berekeningsmetodes.
Toepassings van Navorsing
- Katalise
- Gas- en dampskeiding
- Medisyneformulering
Prof Catharine Esterhuysen