Skip to main content
Kanselierstoekennings vereer personeel vir uitnemende werk

Kanselierstoekennings vereer personeel vir uitnemende werk

Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
14 Desember 2023

Die Universiteit Stellenbosch het vandeesweek erkenning gegee aan 'n kohort personeellede wie se loopbane van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en professionele dienste getuig.Hierdie personeellede het die Universiteit se gesogte Kanselierstoekennings ontvang. Die toekennings is een van verskeie maniere waarop daar erkenning aan uitnemende prestasie gegee word.Die ontvangers van die 2023 Kanselierstoekennings sluit in:Trevor CrowleyCrowley is sedert 1982 in diens van die US. Hy het ’n toekenning vir 12 jaar diens ontvang en is ná 25 jaar ook met ’n langdienstoekenning vereer. Boonop het hy die voormalige Rektorstoekenning vir Dienslewering drie keer ontvang. Hy was in 2022 deel van ’n uitgesoekte groep personeel wat ’n spesiale ontbyt saam met die Rektor bygewoon het. Met sy vriendelike en kenmerkend positiewe gesindheid vergestalt Trevor die Universiteit se waardes van deernis, uitnemendheid en respek in alles wat hy doen, of hy nou kantore skoonmaak, eksamenlokale gereedkry, studente en personeel gedurende die #FeesMustFall-optogte ondersteun, of in ’n fakulteitskomitee dien.. Prof Anthony Jan Leysens Leysens het hom in 2015 as visedekaan by die dekaanskantoor van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aangesluit. Nadat hy vanaf Mei 2016 as dekaan van die Fakulteit waargeneem het, word hy in Januarie 2018 amptelik in dié pos aangestel. Hy lê sedertdien bekwame en empatiese leierskap aan die dag en het die Fakulteit behendig deur ’n tyd van uitdagings en onsekerhede, insluitend dié van die Covid-19-tydperk, gelei.. Grotendeels danksy sy klem op strategiese akademiese vernuwing, finansies en krisisbestuur, toon die Fakulteit nou volgehoue groei en word dit tans onder die voorste 300 van sy soort wêreldwyd gereken.Prof Helmuth Reuter    Reuter se leierskap aan die US en in die gesondheidsorggemeenskap getuig reeds vir meer as twee dekades van sy onbaatsugtigheid, wysheid en toewyding. Sy beduidende betrokkenheid by verskeie komitees en as voorsitter van liggame soos die adviesraad van die Familiesentrum vir Navorsing met Ubuntu (FAMCRU) weerspieël sy diep verbintenis tot gesondheidsorgverbetering sowel plaaslik as nasionaal. Sy kernrol in onderrig- en kurrikulumontwikkeling help versterk gesondheidsorgonderrig. Op landelik​​e gesondheidsgebied beywer hy hom vir beter gesondheidsorgtoegang vir diensarm gemeenskappe. Met meer as 120 gepubliseerde artikels uit sy pen, het prof Reuter deur sy uitgebreide navorsingsportefeulje al aansienlik tot mediese kennis bygedra en sodoende die samelewing gebaat.Estie GeldenhuysGeldenhuys het haar in 1987 by die US aangesluit. Sy word in 2005 in Studente-administrasie op Tygerbergkampus aangestel waar sy ’n kantoor vir skakeling met die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika tot stand bring, sowel as ’n diens vir die fasilitering van internplasings saam met die Departement van Gesondheid. Sy skep ’n bystandsmodel vir die integrasie van terugkerende mediese studente wat in Kuba opgelei is en reis in 2014 na Kuba as deel van ’n nasionale afvaardiging. Haar kundigheid en diepgaande kennis van die landskap van gesondheidswetenskappe maak haar ’n betroubare bron van inligting en advies vir sowel interne as eksterne belanghebbendes. Haar toewyding aan ’n positiewe studente-ervaring is navolgenswaardig.Dr Tania Brodovcky Gesogte toekennings soos ’n Fulbright-beurs en Fogarty-genootskap getuig van die internasionale erkenning wat dr Tania Brodovcky op navorsings- en akademiese terrein geniet. As hoof van Navorsingsvermoëbou en -finansiering vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe die afgelope 15 jaar, het sy die Fakulteit se navorsingsprogram aansienlik uitgebrei, onder meer met ’n baanbrekerkursus in die skryf van kliniese navorsingsprotokolle – ’n eg Suid-Afrikaanse aanbod. Haar bydrae tot komitees en rade bevorder doeltreffendheid en gehalte, en haar span se betrokkenheid by navorsingstoekenningsbestuur verseker volhoubaarheid. Brodovcky se leierskap in hierdie hoëdrukomgewing dra by tot die sukses van die Universiteit se mediese studente en nuwelingnavorsers.Loumarie Kistner Kistner van die Afdeling Strategiese Inisiatiewe en Inligtingsoorsigbestuur het merkwaardige bydraes gelewer tot die ontwikkeling van dataontleding as ’n strategiese instrument aan die US, veral die ontwerp, toepassing en afronding van SUN-i, die US se stelsel vir bedryfsintelligensie, wat datagedrewe besluitneming oor verskeie kwessies moontlik maak. Danksy haar vaardigheid in ontleding, tegniese spesifikasies, innovasie, toetsing, opleiding, prosesse, verslagdoening en kommunikasie, ontwikkel sy deurgaans oplossings vir institusionele uitdagings en vervul sy ’n kernrol om die US se prestasie en reputasie te versterk. Voorts het haar betrokkenheid by die inwerkingstelling van SUNStudent, die Universiteit se nuwe studente-administrasiestelsel, bedryfsvoortsetting help verseker.Nicolette van den Eijkel Van den Eijkel, hoofdirekteur van Fasiliteitsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch, het haar in 2015 by die Universiteit aangesluit. Saam met haar span bestuur sy 466 geboue en 787 000 m2 se massa-infrastruktuur op die US se vyf kampusse. Dít doen sy met onderskeiding ondanks ’n pandemie, groot brande, ’n droogte en protesaksies. Die grootste projek van haar ampstermyn is die Kampusvernuwingsprojek, wat oor etlike jare strek. Teen die einde van 2022 was 54 projekte van hierdie enorme program van R6,2 miljard voltooi. Dít sluit in die hipermoderne Biomediese Navorsingsinstituut van R1 miljard by Tygerberg. Dié fasiliteit het die US se verwagtinge oortref, en Nicolette en haar span het dit betyds en binne begroting afgehandel.Jan du Toit Nadat du Toit hom in 1990 by die US aangesluit het, het hy ’n belangrike bydrae gelewer tot die inwerkingstelling van die Universiteit se destydse Studente-inligtingstelsel (SIS), wat vir meer as 30 jaar in die US se behoeftes voorsien het. Hy het ook die eerste aanlyn aansoek- en registrasieprosesse in Suid-Afrikaanse hoër onderwys aangevoor en die vestiging van die Universiteit se eerste inbelsentrum gelei. Toe die SIS die einde van sy gebruiksduur bereik, was Jan wéér ’n kernrolspeler in die verkryging van ’n nuwe studente-administrasiestelsel om die US se stelsels en prosesse toekomsgereed te maak. Sy prestasiegeskiedenis en institusionele kennis maak hom ’n ware aanwins vir die Universiteit.Sonia Schoeman As ’n toegewyde ontwikkelingsbeampte in die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge sedert 2010, is Schoeman ’n kundige fondswerwer op die gebied van korporatiewe maatskaplike belegging. Slegs uit hierdie domein van korporatiewe Suid-Afrika het sy oor die afgelope 13 jaar altesaam R826 miljoen in filantropiese finansiering vir die Universiteit help bekom. Boonop is dié 1982 BA honneurs US-alumna passievol oor die Stellenbosch-gemeenskap, oor sosiale geregtigheid en volhoubare impak, oor jeugontwikkeling en die omgewing, en oor kennis as ’n katalisator vir verandering. Dít blyk duidelik uit haar skakeling met die finansiers en veranderingsagente wat sowel die Universiteit as Suid-Afrika help vorentoe beweeg.Annali Maass Maass is in 2016 as nagraadse koördineerder in die Departement Ondernemingsbestuur aangestel. Sy bestuur sedertdien alle nagraadse programme in die Departement sorgvuldig en doeltreffend. Benewens hierdie verantwoordelikheid het sy in 2019 die bestuur van die PhD-program van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe – die Universiteit se grootste fakulteit – oorgeneem en reeds 132 suksesvolle mondelinge PhD-eksaminerings van kandidate uit verskillende wêrelddele professioneel bestuur. Haar prestasie het haar al ses Rektorstoekennings besorg ter erkenning van haar werksetiek, toewyding en lojaliteit aan die US.Jeanne Kühn Kühn is bekend vir haar toewyding aan uitnemendheid en professionaliteit. Juis as gevolg van hierdie eienskappe het sy die pos van persoonlike assistent vir opeenvolgende direkteure van die Stellenbosch Bestuurskool én van bestuurder van die direkteurskantoor behou. Daarbenewens is sy die afgelope 14 jaar reeds in beheer van die Bestuurskool se suksesvolle bestuursprogram vir organisasies sonder winsoogmerk. Sy is oor die jare al met vyf Rektorstoekennings vir algemene prestasie vereer ter erkenning van haar uitnemendheid en harde werk.Foto: Die wenner van die Kanseliersmedalje, Trevor Crowley (middel) saam met prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, en oudregter Edwin Cameron, Kanselier van die US. Foto deur: Stefan Els