Skip to main content

Wetenskapskafee oor die evolusie van velkleur

Media & Communication, Faculty of Science
18 Februarie 2016

Watter velkleur was ons oervoorouers toe hulle meer as twee miljoen jaar gelede uit Ekwatoriaal-Afrika weggetrek het om die res van die wêreld te bevolk? Wit, bruin, swart, geel?

Op Vrydag 11 Maart 2016 ondersoek dr. Lester Davids, 'n molekulêre selbioloog van die Universiteit van Kaapstad, die nuutste teorieë oor die evolusie van velkleur én die implikasies daarvan vir ons fisiese en geestelike gesondheid.

Die gesprek vorm deel van die diskoers tydens Woordfees 2016 en word gelei deur die bekende omgewingskundige, Dave Pepler.

Science Café Stellenbosch​ is 'n inisiatief van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare bespreking van die natuurwetenskappe aan te moedig. Die gesprekke is gratis en begin om 18:30 by Die Plataan agter die Sasol Kunsmuseum. Vir meer inligting, kontak [email protected] of volg ons op Facebook by https://www.facebook.com/ScienceCafeStellenbosch