
Wen ʼn Tablet tydens US Opedag
Oor minder as twee weke gaan sowat 8 000 tot 10 000 Graad 11/12 leerders, hul ouers en onderwysers stroom na Stellenbosch en Tygerberg-kampus vir die jaarlikse Opedag wat plaasvind op 27 Februarie vanaf 8h30 tot 16h00.
Om jou opgewonde te kry gaan ons 'n Tablet weggee aan ʼn personeellid! Om in te skryf moet jy 'n selfie neem op die dag, dit op Facebook laai met die hashtag #SUOpenDay / #USOpedag.
Hier is 'n paar riglyne om Opedag te oorleef:
Arriveer Vroeg Maak seker jy arriveer vroeg by die kampus om sodoende die verkeer te mis en parkering te kry. Maak ook seker dat jy weet waar jy wanneer moet wees.
Dra iets gemaklik Dra iets waarin jy gemaklik voel, maar ook wat jy voel jy goed in lyk. As jy vol selfvertroue is, sal dit oorkom in jou liggaam taal en gebare.
Pak Peuselhappies Pak 'n paar peuselhappies om jou deur die dag te kry. Ons stel voor 'n boks koekies of snack bars.
As jy beplan om iets met uie op vir middagete te eet… moenie vergeet om pepermente saam te bring nie ;)
Bly Gehidreer Weet waar om die water verkoelers te vind. Gaskoeldrank, ice tea, koffie, en ander drankies wat kafeïen bevat, sal ook goed werk.
Wenk: Lip Ice en handeroom kan ook nuttig wees op die dag.
Neem 'n blaaskans Maak seker dat jy gereeld 5min pouses neem om jou sodoende skerp te hou en energiek te bly. Gryp ʼn vinnige peuselhappie of gaan kry ʼn glas verfrissende water.
Moenie uitmis op die Opedag opwinding nie! Sien jou daar!
Vir meer inligting oor die Opedag program besoek http://www.maties.com/opedag-2016.html of kontak die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies op 021 808 4709 / [email protected].