
Waarom Lagos se bestuurskool met USB saamwerk
Volgens prof Kayode Omoregie, akademiese direkteur van die Internasionale Bestuursprogram (IMP) van die Lagos-bestuurskool (LBS), besoek hulle die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool sodat deelnemers die geleentheid kry om te leer oor hoe om sake in Suider-Afrika te doen."Die primêre doel is om aan Nigeriese entrepreneurs en topvlak-sakelui, wat daaraan dink om hul besigheid uit Nigerië na ander dele van Afrika uit te brei, die geleentheid te gee omdie nodige vaardighede te bekom sodat hulle daardie doelkanbereik," sê prof Omoregie.LBS se keuse van die USB as 'n vennoot in sy IMP word deur prof Omoregie verduidelik aan die hand van die USB se reputasie as "een van die top-bestuurskole in Suid-Afrika" en USB se "diepliggende kennis oor sake doen in Suider-Afrika".
Die positiewe ervaring van vorige besoeke speel ook 'n rol in die besluit, sê hy.
Die ander bestuurskool wat deel van die program uitmaak, is Nanyang in Singapoer.
"Die primêre rede vir Singapoer se betrokkendheid is eenvoudig dat dié land 40, 50 jaar gelede op min of meer dieselfde ontwikkelings- en aspirasievlakke as 'n aantal lande in Afrika, insluitend Nigerië, was. Singapoer het oor 'n tydperk van omtrent 50 jaar sy land en sakeondernemings geneem van Derdewêreldstatus tot Eerstewêreldstatus.."
Prof Omoregie sê hoewel Nigerië en Suid-Afrika die grootste ekonomieë in Afrika is (sowat 50% van die bruto binnelandse produk), word sake in Suid-Afrika as meer gesofistikeerd beskou.
"Hulle het meer internasionale aansien bereik as sakeondernemings in Nigerië. So ons vra onsself 'n eenvoudige vraag: Wat kan ons by Suid-Afrikaners leer oor hoe hulle dit reggekry het om hul sakeondernemings internasionaal te laat groei?"