
Verwelkomingsprogram
18 Desember 2017
Gedurende die eerste week op kampus sal jy deelneem aan die Verwelkomingsprogram.
Hierdie program sluit bekendstellings aan jou koshuis, private wyk (PSO), kluster, fakulteit, biblioteek asook aan die US se administratiewe en steunafdelings in.
Ons het ook by ons fakulteite verwelkomingsessies vir jou ouers of voogde gereël.
'n Hoogtepunt op die program is die verwelkomingseremonie waar die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, jou en jou ouers of voogde amptelik sal verwelkom. Hierdie geleentheid vind op 25 Januarie om 18:00 by die Danie Craven Stadion plaas.
- Kliek hier om die volledige verwelkomingsprogram af te laai
- Laai die Gids vir Nuwelinge 2018 af.