Skip to main content
Verklaring deur Dekaan se Bestuurspan, FGGW - 21 September 2016

Verklaring deur Dekaan se Bestuurspan, FGGW - 21 September 2016

FMHS Marketing & Communications
21 September 2016

​Verklaring deur die Dekaan se Bestuurspan, Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch Woensdag 21 September 2016 Beste Kollegas en Studente Die Dekaan se Bestuurspan (DBS) van ons Fakulteit was in die loop van die laaste twee dae betrokke in gesprekke, en het terugvoer en insette ontvang, van ʼn uiteenlopende groep rolspelers. Ons wil graag ons dankbaarheid teenoor alle personeel en studente uitspreek vir die geduld en insig wat u aan die dag gelê het. Ons wil graag verder in gesprek tree met ons personeel en studente oor die pad vorentoe en luister na u insette en terugvoer.  Ons nooi u graag hiermee uit na ʼn vergadering met alle studente in die Tygerberg Studentesentrum. Datum: Donderdag 22 September 2016 Tyd: 08:30 Plek: Tygerberg Studentesentrum, Sportsaal Om bywoning van die vergadering moontlik te maak, is alle voorgraadse akademiese aktiwiteite vir Donderdag 22 September uitgestel. Die res van die aktiwiteite van die Fakulteit sal voortgaan. Ek wil graag weer bevestig ons vertrekpunt is dat ons die beroep vir billike en gelyke toegang tot hoëronderwys ondersteun, terwyl ons terselfdertyd wil verseker dat alle studente in die Fakulteit bygestaan word om hulle akademiese jaar suksesvol te voltooi aan die einde van 2016. As personeellede en studente wat leer en werk in ʼn gesondheidsorg-omgewing, bevorder ons almal op ʼn daaglikse basis die beste sorg aan pasiënte en professionele optrede. Dienslewering op die kliniese platform kan onder geen omstandighede in gedrang gebring word nie en ons het ʼn kollektiewe verantwoordelikheid om dit te verseker. Ons glo die akademiese onderneming van die Fakulteit in terme van leer en onderrig, navorsing en kliniese dienslewering moet deur alle partye beskerm word. Ons respekteer die reg van studente tot vreedsame protesoptrede en ons sal voortgaan met stappe om te verseker dat studente hierdie reg kan uitoefen sonder enige vrese vir viktimisering. Regte gaan hand aan hand met verantwoordelikhede, en die reg tot protes moet ten alle tye uitgeoefen word op so ʼn manier dat dit nie skade of leed veroorsaak of op enige ander manier inbreuk maak op ander se regte nie. Baie dankie vir u begrip, toewyding en meelewendheid. Vriendelike groete Prof Julia Blitz Waarnemende Dekaan