
US vier uitnemendheid by Rektorstoekennings
Die Universiteit Stellenbosch het studente wat presteer het in areas wat wissel van akademie tot leierskap by die jaarlikse Rektorstoekennings, wat Donderdag (13 Oktober) gehou is, vereer.
"Hierdie is een van die hoogtepunte op die Universiteit se kalender," het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, tydens die geleentheid gesê. "Julle verteenwoordig 'n kern-aspek van ons visie: om na uitnemendheid te streef. Baie geluk aan elke ontvanger van 'n rektorstoekenning. Dit is 'n plesier om hier te wees en julle maak my baie trots."
Die volgende studente is aangewys as die top meestersgraadstudente in hul onderskeie fakulteite: Tiaan Conradie (Lettere en Sosiale Wetenskappe), Michelle Puren (Opvoedkunde), Francois Olivier (AgriWetenskappe), Werner Smit (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), Hilmar Luckhoff (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), Jacques Terblanche (Ingenieurswese), Matthew Maybe (Natuurwetenskappe), Sanmarie van Deventer (Regsgeleerdheid) en Calvin Ulrich (Teologie).
Ricardo Smit het die Rektorstoekenning vir Uitnemende Gemeenskapsinteraksie ontvang, terwyl onder meer Farai Mubaiwa, Nonkululeko Radebe, Inge Barac en Nicholas Wayne die Rektorstoekenning vir Uitnemende Leierskap ontvang het.
Die Studenteraad het me Nokwanda Malumbete, direkteur by Malumbete Van Niekerk Ingelyf en LLB-gegradueerde van die US, aangewys as ontvanger van die Toekenning vir Uitsonderlike Alumnus.
"Ek wil graag met die vrouens in die gehoor praat – jonk en oud," het sy gesê. "Moet asseblief nie die rol wat jou teenwoordigheid as vrou tot die wêreld bydra, onderskat nie. Om jou plek in die wêreld te vind en jou uitnemendheid in Suid-Afrika te aanvaar is om eienaarskap te neem van 'n dimensie van mag wat jou in staat sal stel om die weg te baan vir ander vrouens wat na jou sal volg."
Luister na Malumbete se volle toespraak hier:
Foto: Ms Nokwanda Malumbete; Fotograaf: Anton Jordaan